Landbou gaan drasties verander

Sedert die jaar 2000 was landbou in SA drasties negatief getref. Dit gaan voort in die meeste provinsies in Suid Afrika. Die ontwikkeling streek gaan drasties verander tot 2024. Sommige mag dink dit is nog lang jare, maar nee. Dit vlieg sommer gou verby. Neem deel aan die nuwe landbou organisasies.

Dit is egter die droogte wat pla wat jy eers moet oorleef en daarna die voorspoed. Jy kan hier gaan kyk na die lang geskiedenis oor hoe die SAAI Stigting by al die sake uitgekom het . //affiliatebank.net/news of gaan kyk hier oor die nuutste oor die SAAI Stigting; //stigting.com Ons gaan op die hierdie webwerf sommer vorentoe spring en kyk wat wag op jou toekoms.

Tydens die droogte moet ons vir jou plaas en jou landbou organisasies reg ruk. Jy moet jouself aanpas en kennis versamel. Jy is ook welkom om deel te neem met jou kommentaar. Jy is in beheer van jou eie plaas. So, jy moet jou plaas fyn beplan vir die droogte en die voorspoed daarna. Kom ons kyk na landbou organisasies.

Landbou organisasies.

Oud president PW Botha het altyd beweer dat al wat jy van bo na onder bou is ‘n graf. Dus moet jy en jou kollega’s begin met die basiese landbou organisasies soos; Boere-vereeningings, brand-vereeningings en soortgelyke organisasies. Die vereenigings moet aansluit aan 2 groepe;

1. Jou dorp of stad se organisasies. Die belangrikste hier is die Sakekamers sodat die Boere-vereenigings en Sakekamers kan saamwerk. Munisipaliteite gaan onder leiding van die organisasies bestuur word.

2. Gespesialiseerde dienste vir produsente organisasies. Hier kyk ons na die rooivleis, wol, pluimvee, voer, graan, melk, vrugte, groente, speserye en kruie. Hier word dus baie meer gekyk na die produkte wat jy kan lewer en die ontwikkeling daarvan. selfs uitvoere kan beplan word maar ons moet by jou plaaslike dorp begin.

Die twee groepe gaan dus jou hele plaaslike omstandighede ontwikkel en bestuur. Dink aan jou plaaslike dienste, politiek en alles in jou streek.

Nou kan ons begin om die prentjie in te sien van hoe jy en jou organisasies gaan saamsmelt. As dit nog nie gestig is nie, stig dit nou. Wat nou as ons bo of buite jou dorp of stad beweeg?

Landbou Streek en Provinsies.

Die ontwikkeling streek se landbou gaan vanaf 2014 in 5 Streke  verdeel word. Let op dat al die plase per distrik sal nie noodwendig ingesluit wees nie. Die streke of Provinsies as jy wil is die volgende;

1. Koranna – Tweespruit, Ladybrand, Clocolan, Hobhouse, Thaba Nchu, Excelsior, Marquard, Winburg.

2. Drakensberg – Betlehem, Senekal, Ficksburg, Clarens, Kestell, Petrus Steyn en miskien Frankfort en ander.

3. Kroongoud – Kroonstad, Welkom se goudvelde en omgewing tot by Bothaville.

4. Koepel – Parys, Potchefstroom, Fochville.

5. Vaaldriehoek – Vanderbijlpark, Sasolburg, Koppies, Heilbron.

Jou landbou organisasies moet dus nuwe liggame stig vir elke provinsie soos hierbo. Hierdie liggame moet in staat wees om af te stig van liggame as Suid Afrika gebaseerde organisasies . Dink nuut aan groepe soos  Agri, Graan, RPO, MPO  ensovoorts. Al bepleit ons samewerking moet ons besef dat in 2024 sal die reels, wette en vereistes drasties verskil van die res van SA en daarom moet die liggame afsonderlik kan funksioneer.

Funksies van die nuwe saamgestelde liggame.

Ontwikkeling van die streek sal een been vorm en die ontwikkeling van produkte sal die ander been vorm. Kretieke punte is om te kyk na items soos kultivars wat tans nie binne die ontwikkeling streek geproduseer word nie. Wat gaan dus in die toekoms ‘n behoefde wees?

Dan kan daar gekyk word na uitvoere. Wie kan wat uitvoer? Normaalweg is dit nie so maklik vir ‘n enkele Boer om iets uit te voer nie. Jy moet iets stig soos ‘n korporasie waar mense nie verneuk gaan word nie, maar waar mense hul produkte kan lewer vir die uitvoer mark.

Ek gaan net een voorbeeld noem. Australia voer duisende ton rooivleis uit. Die streek kan dit ook doen en A2 en A3 vleis uitvoer. Jy moet egter deel vorm van ‘n organisasie waar die produk terug gevolg kan word tot by die Boer. Die beeste mag nie gebrandmerk wees nie en die kwaliteit moet voldoen aan die uitvoermark se vereistes soos die EU vereistes. So ook moet die slagpale en die verwerkings aanlegte van die vleis voldoen aan gesondheid standaarde. Die karkasse moet plaaslik verwerk word tot ‘n gesogte finale produk.

As Australia dit kan doen kan ons ook maar tans haak ons vas en kan nie eers die bek en klouseer verbod met die EU oplos nie.

Moenie net sit en wag nie. Stuur jou Boere vereeniging na die blad en begin werk. Hoe gouer jy begin hoe beter is jou kans om die droogte te oorleef en deel van die ongekende voorspoed te smaak.

Opsomming

Landbou in die ontwikkeling streek gaan drasties verander so maak ‘n nota van die blad en besoek dit gereeld om jou op hoogte te hou. Kennis is mag.

Die basis begin by jou Boere vereeninging. Tweedens laat jou Vereeniging aansluit by sakekamers en produsente organisasies spesifiek in die ontwikkeling streek soos in die streke of provinsies hierbo genoem.

Groetnis.

Sluit hier gratis aan by die SAAI Stigting //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.