skape in droogte

Skape in droogte kan ook gesien word tydens wintermaande. As jy die graspolle oopmaak en jy sien groen lote is alles nog reg. Dan ook as jy skape soos die Damara en doringbome het is jy ook nog reg.

As alles egter opgevreet is of die oorblyende graspolle is dood sover jy kan sien, dan het jy probleme en moet jy begin voer.  Ook kan jy ver kom as jy vroegtydig ‘n goeie lek soos wonderlek gegee het. Jy kan met Damara skape in droogte en die winter deur gaan sonder om te voer as die sterte voldoende vet voorraad het.

skape in droogte D

Skape in droogte

Die eerste is om jou lammers op 4 maande bloednier te spuit en daarna elke 6 maande. Moenie lammers doseer voordat jy nie vir bloednier ge-ent het nie.

Skape in droogte tye se voeding verander en kry dus maklik bloednier.

Gee ‘n lek wat mielies bevat asook ekstra lusern wat met ‘n 25mm sif gemaal is. Veral in en na die winter moet jy die skape wat swaar dragtig is en eier maak uitkeer en in lamhokke sit. Net groot genoeg dat die ooi gemaklik kan omdraai.

Gee dan voer, lek en water in die hokke sodat daar genoeg biesmelk vir die lammers is. Plaas die ooie met lammers een maand na lam oor na ‘n klein kampie waar hulle nogsteeds gevoer moet word.

skape in droogte

Poog om jou voeding so konstant moontlik te hou en pasop vir suurpens weens te veel grane soos mielies.

Kyk ook na groen gebaalde gras onder die opskrif “Baal van voer” bo-aan die blad.

Skape in droogte met groen weiding.

Jy kan aanplantings doen soos smutsvinger, kanola, hawer of wat jy verkies. Gee kunsmis en/of ureum tydens groei sodat jou voedingswaarde hoog is. Tydens die wintermaande asook skape in droogte tye moet jy egter versigtig wees dat jou skaap nie te vining te veel vreet nie.

Maak jou skape gewoond aan die kos deur net bietjie te gee of jou skape net vir kort tye bloot ta stel totdat hulle gewoond is daaraan.

Gee swael vir jou skape en voldoende sout voor blootstelling. Moenie die skape in droogte tye oorplaas na groen weiding as die weiding verlep vertoon nie. (Veral items soos hawer en kanola)

skape in droogte

Fetus by skape in droogte.

Die ooi sal die fetus weggooi as die voeding nie voldoende is nie. Dit kom by alle skape voor maar is veral erg by die Dorpers. Jy moet dus vroegtydig optree.

Kweek jou eie voer vir die winter en droogte tye. Ons is besig om ‘n baie spesiale program op te stel waar mense in veral die sentrale dele van die land meer winsgewend kan boer. Ons kweek so 10 ton per maand wat genoeg is vir 150 skape en beskerm dan bestaande weiding met struike of bome.

Die skape oorleef dan gemaklik vir die winter, produseer meer en sodoende kan jy ook meer skape per hehtaar aanhou. Spilpunte is wonderlik maar baie duur veral die pomp van die baie water maak dit nie so lonend as ons nuwe stelsel nie. Dit gaan jou net R900 kos vir baie planne en as jy meer wins kan maak is dit net ‘n halwe skaap se prys om jou dra krag te verdubbel. Gaan kyk hier vir meer: https://affiliatebank.net/afr               ###

 

2 Antwoorde op “skape in droogte”

  1. Goeie dag.
    ek sal graag meer wil weet oor waar kan ek damera/meat master skaape koop.
    ons het onlangs n plaasie in die klein karoo gekoop en ek kyk na al die skaap rasse, die skaap wat die beste gaan aanpas is sekerilik die damera/meat master en persie skaape.
    ons begrooting is maar klein om skaap aan te koop.
    ek sal graag met so 5 ooie en n ram wil begin, dit sal darm maar nie te duur wees om te voer nie , en makliker wees om veld bestuur te doen, omdat dit so droog is op die staduim.
    as julle meskien weet van iemand in die ladismith/oudshoorn distrikte.
    groete
    Wilhelmien Kruger

    1. Wilhelmien,
      Dankie vir jou navraag. Ons sal vir die mense is daai omgewing vra om te reageer op jou versoek. Ek wil voorstel dat jy by ons lede program aansluit vir skape en bokke. Dit kos eenmalig R700 en die prys is so pas verlaag. Dit beteken dat vir so halwe skaap kan jy aansluit en baie geld bespaar. As jy nie weet wat jy doen kan jy groot skade kry.

      Een so voorbeeld is dat as jy nie reg ent, kan al jou skape vrek. Gaan hier om aan te sluit of skryf aan my by deon@stigting.co.za
      Groetnis
      Deon

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.