Speenkalf pryse, skaap pryse, vleispryse. Lewendig.
Vleispryse en Speenkalf Pryse is onder toe
Landbou in Suidelike Afrika: Verskaf jou epos en ons laat weet jou van groot veranderings of risiko’s
Pryse is onder toe
Speenkalf pryse, vleispryse 2021, wat word verwag?
Vleispryse – Gauteng, Noordwes en Vrystaat
Gemiddeld asook hoogste pryse
Vleispryse vir April 2021
Vleispryse gaan effe daal maar is deel van die jaarlikse tendense bloot omdat baie mense speen en beeste verkoop voor die winter.
Weens ‘n verwagte goeie mielie oes verwag ons egter dat mielie pryse gaan daal. Dit verstewig weer die mark omdat voerkostes daal en ook omdat Boere dan meer kalwers koop om te voer.
Vleispryse vir Maart 2021
Vleispryse is deurgaans goed en met covid 19 in gedagte is dit baie goed. As uitvoere kan verbeter sal dit baie stabiliteit verbeter. Die prima produkte moet uitgevoer word maar dit is net asof bitter min bevoeg is om die uitvoer mark te benut.
Naspeurbaarheid word verbeter wat ‘n vereiste is vir Europa. Met die midde ooste en China is dit bloot net geleenthede wat niemand wil benut nie.
Vleispryse vir Februarie 2021
Rekord pryse vir nuwe jaar. Fantasties om so te begin. In ‘n groot veiling is rekord pryse behaal met gemiddeld bo R10 000 per speenkalf. Dit sal die mark nou aanspoor na swaarder kalwers 280 kg tot 300 kg.
Ons verwag dat pryse effe gaan daal na Mei maand omrede baie mense voor die winter speen. Daarna gaan ons weer tekorte ervaar soos verlede jaar oppad na die kerfees mark.
Vleispryse vir Januarie 2021
Pryse vir Desember was baie goed en tekorte is ervaar. Daarom word verwag dat die goeie pryse sal voortduur in Januarie 2021
Beeste
Sonder BTW. Gemiddelde prys. Goeie Vleis beeste soos Bonsmara behaal beter pryse as die gemiddeld.
Pryse per kg op die hoef: Gemid. Markwaarde Tans – Beste pryse
- Speenkalwers onder 200kg_____________R42.00- 43,50
- Speenkalwers 200 tot 250kg____________R40.00 – R42,00
- Speenkalwers bo 250kg________________R37,40 – R39,50
- A graad_________________________ ___R27.90 – R29.45
- B graad_____________________________R25.20 – R27,50
- C0/C1 graad_________________________ R20.55 – R23,00
- C2/C3 graad__________________________R23,25 – R24,75
- Bulle_______________________________R25,40 – R 26,70
Skaap:
____________________________________Gemiddeld – Beste
- Stoorlam____________________________R43.50 – R44.00
- Slaglam_____________________________R38.50 – R41.30
- Maer ooie___________________________R32.00 – R35.00
- Vet ooie_____________________________R32.70 – R33.50
- Boklam_____________________________R46.00 – R48.00
- Bokooie_____________________________R35.10 – R38.00
Boere met HIDROPONIESE Groenvoer moet nou die krane oop draai. Lees meer hier: Hidroponiese groenvoer
Hidroponiese groenvoer
Gaan hier vir meer oor ons produkte: https://affiliatebank.net/afr
Of lees meer oor die selfdoen van Hidroponiese groenvoer hier: Groenvoer
6 antwoorde op “Speenkalf Pryse, Vleispryse, Gauteng, Noordwes, Vrystaat.”
hoe kry ek dit reg omdirekte by karanbeef kan virkoop
Karan beef het hulle eie agente wat koop. Jy kan by hulle navraag doen maar daar is minimum getalle.
Speenkalf pryse is nou laag en dus n goeie kopers mark maar wat voorspel julle vorentoe corona in ag geneem.
Pryse is altyd laag met die begin van die winter maande. Dit is weens baie speenkalwers wat jaarliks voor die winter gespeen word en het niks te doen met die Corona virus nie. Pryse draai teen Junie / Julie en sal dan weer styg.
Daar is twee vername negatiewe faktore wat Boere baie negatief gaan raak. Weinig tot niks word gedoen oor uitvoere. Australia benut die markte baie beter. Selfs Namibia doen baie beter as Suid Afrika.
Die ander faktor is diefstal. Die polisie sleep voete en die wat nie saam steel, kla saam. Die handjie vol Polisie wat probeer voel magteloos want hulle kry nie steun, maar eerder teenstand. Dit gaan Boere hard slaan en groot verliese veroorsaak.
Wil graag meet uitvind oor di produksie van groenvoer met Hidroponiese stelsel
Hallo Johann,
Al die inligting van verskeie Boere wat reeds lank boer met Hidroponiese Groenvoer is saamgevat in ‘n reeks PDF dokumente.
Al die dokumente sal outomaties aan jou gepos word per epos sodra jy lid is. Dit is baie volledig en ons kry baie min navrae, maar jy kan vra as daar nog iets is wat jy wil weet. Werk net eers deur al die epos. Daar is tans 18 van dit.
Jy kan sonkrag gebruik en ons hanteer alles van die bou van die stelsel, die produseer en ook hoe om dit prakties in jou boerdery toe te pas. Daarna kyk ons hoe dit verbeter kan word.
Betaling is eenmalig R900 en jy kan met jou eie bank betaal aan:
Stigting
ABSA Spaar rekening: 9179255773
Plaas net jou naam by verwysing
Enige probleme en jy skryf net weer aan my. ek het ook vir jou epos gestuur.
Groetnis
Deon