Rassisme

Swart en wit rassisme in SA.

Die regering versoek die SABC om meer positiewe nuus uit te saai. Die wittes het toeka reeds die trekpas gekry en die swart raad is op awol. Nou wie nou wat uit die duim moet suig vir die verkiesing sal gesien moet word.

So voer die wit Boere mos nou ook swartvlek uit na die wit Boere in Europa. Dit is nou met ‘n krom wit stok krap. Plaas noem hulle dit eerder witvlek en kleur die lemoene.

Die melk Boere voer toe nou weer wit melk uit na swart Afrika. Geen wonder hulle kry nie eers 10 % uitgevoer nie. Miskien moet hulle by die “All blacks” gaan leer hoe om rugby te speel. Ag skies tog, ek bedoel gaan leer by die wit Boere in New Zealand hoe om wit melk uit te voer. Hulle kry amper dubbeld so veel as die wit Boere in SA.

Met die rooivleis se uitvoer gaan dit ook maar swart. Jy sien die Boere gaan sit mos toe Angus bulle by die wit Brahmane om bruin kalwers te kry. Toe die kalwers gebore word is alger pik swart. Toe voer hulle die kalwers wit semels maar dit was verniet. Die pryse van die speenkalwers val toe plat en van uitvoere kom dadels.

Ene swart Pressident her-open toe grondeise want steeds te veel wit Boere en te min swart Boere met te veel swart sonder werk. Van die miljoene werkgeleenthede wat beloof was sal seker dadels ge-oes word. Swart Malema loop hom egter bloedneus toe hy nog dog hy gaan praat oor die vrywillige verkopers. Die onbekende wittes kon toe nie eers skinder nuus oor swart politiek kry nie.

So skep die minister darem werk in die landbou en solank die staat hulle betaal gaan dit goed. Sodra die minister egter die geld stop, stop die mandelas. Dit is nou die Mandela geld wat so pragtig is, maar vol ‘sellotape’ soos dit geplak moet word.

Aldus wit Steyn steek die minister die verslag weg oor hoekom die rooi en wit vleis op die swart lys van die EU is. Maar dit is nog niks.

Die swartes staak so teen die wit duitsers dat “karre” nie uitgevoer kan word nie. Skaars klaar toe is dit die onderdele wat swart is. Op die myne is swart stakings van die weste tot noorde. As die mense vra om dit te stop want die land verloor te veel swart werk kry jy die antwoord;

Ons is bewus van die verwoestende impak van die stakings op die ekonomie. Maar die ekonomie behoort aan wit mense en hou geen voordele in vir arm, swart mynwerkers nie.” (bl.6 LBW 27/9:© MEDIA24 2002. ALLE REGTE VOORBEHOU. )

Hoe die nuwe swart Boere sonder maandelikse betaling mandelas moet genereer weet ons nie want duisende ervare wit Boere sukkel om te oorleef. So sukkel die hoender bedryf maar die wit minister stem darem in dat die wit mense belas moet word op die wit vleis. Nogtans ‘n stap in die regte rigting.

Wie die ding van een nasie dryf verstaan mens nie. As jy wit en swart in een blik gooi en skud kry jy dan of swart of bruin. Geen mandelas en dus geen ekonomie? Jaag die wittes weg dan is als mos eg.

Dollars en mandelas vloei die land in deur uitvoere wat uiters swak is in die landbou en vol stakings in die res. Wie wit is wil swart net laat werk, NEE, julle wittes moet net betaal. Hou op werk skep en betaal net. Ai die wit mense is darem dom. Hulle verstaan ook niks.

Deesdae ry almal ‘karre.’ Wat waar vandaan kom? Hulle noem dit, Black Man’s Wheels. As die ekonomie nou aan die wittes behoort hoekom ry so baie swartes dan sulke “smart” karre?

Gelukkig is daar absoluut geen rassisme in SA !!!

Groetnis uit wit Toronto.

#

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.