Ongekende voorspoed

Ongekende voorspoed As mens hoor van droogte is dit veral die Boere wat se moed sak. As ons kyk na die voorspellings is dit ongelukkig eers die slegte voor die goeie. Kom ons kyk eers wat ons weet van die droogte.

Droogte.

Ons weet dat voor die ongekende voorspoed gaan daar eers droogte wees. Ons het reeds gesien dat die droogte in die Kaap begin het en noordwaarts versprei. Norwaalweg begin droogte in die noorde en versprei suidwaarts in die binneland. So, dit is nou andersom.

Dan sien ons dat dit nie net vir ‘n jaar of twee is nie. Hoe lank presies weet ons nie. Ons weet bloot dat dit vir ‘n hele paar jaar gaan wees. As ons kyk na Josef in Egipte was dit 7 jaar. Dan was dit ook eers die vet jare en daarna die maer jare. Hier is dit andersom en al sou die droogte 7 jaar duur kan ons dit nie met feite so voorspel nie.

Ons kan wel in gedagte hou dat as jy ‘n boord nou aanplant sal dit net reg wees wanneer die ongekende voorspoed opdaag. Dit gaan jou dus nie nou vir die droogte help nie maar wel daarna.

Hoekom die droogte.

Jy kan miskien vra hoekom kan ek vra om nie te bid vir reen nie, maar vir ‘n oplossing.  Jy sien as God soos in Egipte met Josef iets voorspel dan moet dit tog waar word. God het wel droogte voorspel maar nie geen reen nie. Ons kan dus bloot ‘n baie lae reenval verwag.

Soos in Egipte wil God iets doen. Die droogte is nie om dowe neute nie. God gaan mense verwyder en ander weer vestig. Hoe meer mense dus luister hoe vinniger kan die droogte verby wees. So eerste moet die mense wat ge-ag word vyande te wees eers die streek verlaat.

God het bepaal dat die gene wat gaan oorbly nie probleme sal veroorsaak nie. Dus moet ons fyn oplet. Dit beteken nie dat alle swartmense die streek moet verlaat nie maar net die wat probleme kan veroorsaak. Dan geld dit nie net vir swart- en witmense nie maar alle rasse.

Net Christene?

Nee, van alle godsdienste gelowe soos Joods of Islam maar die wat nie probleme sal veroorsaak nie. Dus moet ons nie poog om woorde in God se mond te plaas deur ons eie idees van rassisme en Goddienste nie.

Maar wat van die Duiwel?

Het die Duiwel dan nie ook gepoog om Jesus te verlei nie? Ons moet dus sien dat kriminele verwyder sal word maar dat die duiwel altyd sal poog om mense te verlei. Jesus sal egter die hoof bly naas die Vader en so sal dit ‘n Christelike land wees. Dit beteken dat die wette, die grondwet, skole en mense sal die Christelike gebooie moet aanvaar.

Die land sal dus skoon gemaak word vir Christenskap al word vryheid van geloof toegelaat. Dus sal dit die enigste land in die wereld wees wat Christenskap in sy wese en in die grondwet sal erken en eerbiedig.

Ongekende voorspoed.

Dit is soos ‘n beloning wat God gee aan sy beloofde land en sy mense. Nou kan almal sien dat daar ‘n God is wat vir sy volk sal sorg. Ons noem die beloofde land tans die ontwikkeling streek omdat ons nie al die grense ken nie. Uit die voorspellings van Siener weet ons bloot die kern van die land.

voorspoed

Ons wag dan op die geestelike leier wat bekend sal word as die Boodskapper en hy sal in bruin klere of kleed wees. So sal ons hom erken en hy sal eg Boer wees het Siener voorspel. Dus nie iemand wat vir hom bruin klere gekoop het nie maar in agtergrond en geskiedenis van bruin en Boer wees.

Dit is nie net die landbou waar die ongekende voorspoed sal wees nie. Dit sal baie weier wees soos toerisme waar die hele wereld betrokke sal wees om die voorspoed waar te neem. Ons weet reeds dat geluk en voorspoed is nie net geld nie maar ook gesondheid, vrede, liefde, versorging, sport en sports. Om te lag en vrolik te wees. Dit sal darem nog nie volmaak soos hemel op aarde wees nie maar bloot voorspoedig.

Die uitkring na Suider Afrika.

Dan gaan die voorspoed uitkring na lande soos Namibia, Botswana, Angola en Zambia. Die Internasionale stad sal die mense baie help. Dit sal egter deur die Gelofte volk gedoen word. Ook later Mosambiek en in ‘n mindere mate Malawi. Die swartskaap Zimbabwe het nie veel hoop weens die rassisme.

Ons sien reeds dat Boere tot by die ewenaar boer maar ons moet nie dink aan oorheersing nie. Bloot items soos in rus en vrede. Die Boere sal dan ook gesien word as die ekonomiese werk skeppers en nie die rassiste nie.

Wanneer?

Uit al die werk wat die SAAI Stigting gedoen het weet ons nie die presiese begin datum van alles nie maar dat dit wel 10 jaar sal duur. Die verwagting of beplanning is as volg;

Vanaf Kodesa tot 2014 is swart oorheersing en agteruitgang.

Daarna droogte tot weet nie wanneer. Onafhanklikheid in 2024 en daarna die ongekende voorspoed.

Dan weet ons ook dat dit van suid na noord sal beweeg. Dus sal die suide vinniger voorspoed smaak as die noorde.

Om meer te weet, sluit dadelik aan by die SAAI Stigting. Dis gratis mits jy jou kan vereenselwig met die Gelofte volk. Gaan kyk hier: https://affiliatebank.net/afr  Of lees meer hier; https://affiliatebank.net/news

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.