Kategorieë
Hidroponiese Groenvoer en Landbou

Droogtehulp lei na krisis

Droogtehulp lei na krisis

Ons het reeds verskeie aanmerkings gehoor. Die minister kondig aan dat Boere maar moet aanpas by die omstandighede en dat geen droogtehulp beskikbaar sal wees. Ander mense is weer besig om die saak aan te vat omdat die droogte die plaaslike gemeenskappe in duie laat stort.

Soos wat die plaaslike gemeenskappe se besighede bangkrotskap in die gesigskaar word duisende werkers afgedank. Dit is dus nie net die Boere wat gedwing

word om hulle werkers af te dank nie. Wat moet jy met werkers doen as jy nie kan plant nie?

Dan is daar die diere wat bloot net nie meer kos het nie. Droogtehulp is dus nie net vir die Boer wat besig is om bangkrot te raak nie  maar laat ‘n totale gemeenskap in duie stort.

In die WESKAAP probeer die DA maar die nasionale regering wil nie bydra nie weens die rasse kwessies. Die witboere wil hulle nie steun nie en die bruinboere word vertel dat hulle reeeds hul kwota bereik het. Nie net op sport gebied maar ook in die landbou word hulp slegs aan swartes gegee.

Bruinmense het ook reeds hulle kwota plase in besit en sit nou saam met witmense. Jy is net goed om belasting te betaal maar as die droogte jou vernietig is dit net nog ‘n plaas aan swartes. So jy kry niks.

Dan is die kos pryse besig om te styg. Ons verwag dat veral vleispryse eers gaan daal weens die oorskot veroorsaak deur geen kos vir die diere. Ander produkte gaan deur die dak vlieg in 2017. Dan sal vleis pryse volg in 2018. (Ons verwag weens invoere en goeie produksie nie dramatiese mielie prys verhogings nie.)

Kom ons vra net die vraag: As die klomp Boere wel bangkrot speel wie gaan die daarop volgende jare plant en produseer? Droogtehulp vir jou plaaslike produksie is noodsaaklik en ons moet keer dat die diere so op groot skaal vrek.

droogtehulpDiere, skape, beeste word gevoer om hulle net aan die lewe te hou.

Lees ook hier oor hidroponiese groenvoer en hoe boere groter sukses bereik: hidroponiese groenvoer

Droogtehulp bydrae.

Kan jy bydra tot droogtehulp vir diere? Ons gaan onderaan die detail gee. Dit is egter vir ons noodsaaklik dat die diere gehelp moet word want as ons nie kos gee nie gaan duisende diere vrek. Hulle is reeds besig om te vrek.

Dankie aan die Boere wat reeds bygedra het met voer maar die vervoer is ‘n groot kopseer. Agri SA en Senwes kan ook gekontak word in die verband.

Dit is wreed en genadeloos maar Boere het net nie meer die middele of geld om meer te doen nie. Die stigting soos op die webwerf gesien kan word gee raad teen droogte en maak planne saam met die Boere sodat die droogte oorleef kan word.

As jy ‘n vrywillige bydrae wil maak verskaf ons met graagte die detail. Geen bedrag is te klein en ons vra dat jy by die verwysing skryf waarvoor die bydrae is.

Internet of selfoon betalings kan gemaak word;

ABSA – Spaarrekening

STIGTING   9179255773

Takkode 632005

Verwysing: Skryf asseblief jou naam en doel. Soos Thys kos vir diere of soos jy wil.

Jy kan ook skryf aan ons of as epos adres gebruik: admin@stigting.com

Jy kan ook by die stigting aansluit hier: Sluit aan by Stigting

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.