Hidroponiese groen voer vervolg en verbeter DIY-selfdoen

Hidroponiese groen voer(Fodder) vervolg. Lees eers die hoof artikel oor hidroponiese groen voer en lees dan verder. Ons gaan hier veral die vraag antwoord oor kostes. Bou jou eie stelsels is wat ons voorstel.

Na aanleiding van ons lede wat deel is van ons hidroponiese groenvoer program het hulle gewys op ‘n hele paar maniere om kostes te verbeter. Hierdie inligting gee ons slegs aan ons lede maar as ons kyk na die kostes is dit drasties verlaag.

Groen voer

Dit is baie belangrik om kostes te bepaal om jou langtermyn sukses op volhoubare maniere te bepaal.

Ons begin deur te aanvaar dat jy geen kennis het en voorsien jou van die inligting om jou eie stelsel te bou volgens jou eie behoefte en grootte. Die goedkoopste gekoopte stelsel begin in die orde van R186 000 en mag miljoene beloop. Ons lede het al begin in die orde van R27 000. Daarna kan jy altyd verbeter.

Ons sluit ook ander stelsels vir groen voer in met die doel dat jy kan diversifiseer en dus nie al jou eiers in een mandjie sit nie. Hidroponiese groen voer is dus bloot net een van die stelsels om groen voer te produseer.

Jy kan egter nie oornag alles doen nie en is dit noodsaaklik dat jy beplan voor ernstige droogte jou tref. Baie lede voer egter nie vir droogte nie maar weens ekonomiese redes. Nog beter is dat die meeste lede voer die groenvoer vir beter PRODUKSIE EN DIERE GESONDHEID.

Groenvoer nog en nog

As diere gesond is vrek hulle nie maklik en lewer meer melk met beter bottervette. Dit is nie net vir melkbokke en melkbeeste maar ook om jou kalwers en lammers vinniger te laat groei.

Dus, goedkoper kos gee beter produksie. Hoe wil jy nou beter?

Groen voer koste

Ons gaan 2 syfers gebruik aldus ons lede kan jy vir graan R3000 per ton betaal tot R4500 per ton. Dan ook word sekere mengsels wat die lede beproef het gegee om kostes te verlaag.

Ook gebruik ons die verhouding dat hierdie hidroponiese groenvoer 3 keer meer voedingswaarde het as gebaalde lusern.

Dan bepaal ons dat beeste gevoer is tussen R1095 en R1642 per jaar per kop. Dit beteken dat skape en bokke gevoer word tussen R180 tot R274 per kop per jaar.

Jy moet in aanmerking neem dat diere tydens laktasie meer vreet maar kalwers en lammers weer minder.

Nog meer groen voer

Dan kan jy uitbrei met ons ander stelsel waar jy 30 ton per hektaar kan oes. In hierdie geval verwys ons na voer wat nat geweeg is. Die 30 ton is redelik gewys die minimum en kan jy tot 100 ton per hektaar per jaar oes.

Groenvoer sonder einde

Vestiging is verseker nie so maklik nie. As jy egter deur die proses is produseer ons uiters goedkoop. Jy kan kunsmis gebruik maar is nie nodig nie. Groot besproeing stelsels is baie duur om te vestig maar boonop VREK DUUR aan pomp koste.

Jy moenie skrik as ‘n spilpunt jou R250 000 kos en maandeliks is pomp koste met ESKOM minstens R25000 per maand. Hierdie stelsels wat ons ontwikkel kos minder as R50 000 om te vestig. Dit hang ook af wat jy reeds het soos boorgat toerusting, tenks, afdakke of store en so meer. Dit maak dit goedkoper as jy reeds sulke items het. Bou jou eie stelsel, ons gee die kennis.

Ons gebruik tussen 300 liter en 2000 liter per dag. 2000 liter per dag raak baie. Dan kan jy nog van die water herwin vir drinkwater vir jou diere.

Groenvoer weet die meeste mense kan nou net nie gewen word nie. Nie koste gewys en ook nie in voedingswaarde nie. Dan is jou diere nog gesonder ook. Dink nou net as jy dit winter, somer en tydens droogte kan produseer. Dink nou net dat jy net 1 of 2 hektaar benodig?

Wel as jy die detail soek gaan hier en koop die Hidroponiese  groen voer stelsel: GROENVOER

Ons gebruik Affiliatebank.net en betaling is met jou eie bank deur Internet/selfoon/of die bank self. Soos jy verkies, of skryf aan my by admin@stigting.com

 

Ons Boer vooruit!