Geldsake versleg nogsteeds

Geldsake versleg nogsteeds.

In die vorige skrywe het ons gekyk na die ekonomiese 2014 en nou 2016 en gevind daar is niks om oor opgewonde te raak nie. Vandag amper 2 jaar later kyk ons weer na die geldsake in SA. Ons moenie net negatief wees maar die werklikheid besef en werk aan oplossings. Hier is ‘n paar antwoorde;

Hoe lyk ons ekonomie?

In een woord, “vrot”. Ons het reeds die afgelope 3 jaar die tiepe negatiwiteit beleef. Die BBP en verbruikersbesteding het die afgelope 3 jaar gedaal na ongevver 2,5%. In 2014 is ons in ‘n resessie met ‘n negatiewe groei.

GeldsakeDit het nou verder versleg met die rand tot R16/$

Ons het reeds verlede jaar daarop gewys dat as jy inflasie in ag neem moet ons bo 6% groei net om die bestaande status quo te handhaaf. Afrika doen dit maar nie Suid Afrika nie. Die probleem is dus hier en nie elders nie.

Wat is fout met ons geldsake?

Eerstens die misdaad of meer spesifiek diefstal. Niemand wil beleggings doen as jy weet jou goed gaan gesteel word nie. Bestaande maatreels is bloot nie effektief nie en daar is na 20 jaar geen verbetering nie.

In die SAPD moes blankes vervang word met swartes. Dit opsigself is nie die probleem nie, maar daar moes terselfdertyd beter polisie mense indiens gestel word. Die sogenaamde regstellende aksie was egter bloot kwota’s en vandag sit ons met kwota’s wat nie die werk kan doen nie en dus nie misdaad kan voorkom of uitwis nie.

Dan natuurlik arbeid. Almal is bewus van die Platinum stakings maar weinig besef dat dit baie verder gaan uitkring. Daar word verwagtinge geskep waaraan nie voldoen kan word nie. Daar word nie besef dat al is die staking verby, gaan myne hul markte verloor. Dus het almal verloor, die myne is verswak en niemand word bevoordeel nie.

Hierdie aanhoudende stakings verlam reeds die ekonomie en dit gaan vorentoe die ekonomie so vertraag dat vele besighede hul deure gaan sluit.

Dit bring mee dat die enigste groei is; staatskuld, armoede en werkloosheid.

Wat moet die regering doen?

Ons weet en sien dat baie aanstellings word uit vakbond geledere gedoen. Dit gee meer negatiewe gevoelens en moet eerder vervang word met mense uit die sake sektor. Daar is ‘n mis persepsie dat SA kan groei sonder die EU en sonder wereld erkende sakelui. Die rasse beleid in SA waar kwota’s in sport, in die werkplek en in die hoogste bestuurvlakke afgedwing word sal lei tot groter armoede en meer werkloosheid.

Ongelukkig gaan hierdie beleid nie verander word nie en gaan Suid Afrika oor die volgende 10 jaar verder verswak. Die ontwikkeling van sake en die vertroue aan veral EU beleggers sal nie met praatjies of propagana gekweek kan word nie.

Wat van beleggings in die JSE?

Ons het in die eerste helfte van 2014 gesien dat die JSE goed doen. Ons het gaan snuffel agter die skerms en die grootste ontdekking was dat die ekonomie by die JSE geskoei is op verdienste uit die buiteland. Die persentasie mag wissel volgens vertroue en die handel met ander lande. Op daardie stadium was 65% van die SA sakelui se verdienste in die buiteland. Ook is baie plaaslike maatskappye verkoop aan oorsese maatskapye. Dit beteken eenvoudig dat daar uiters swak vertroue in die plaaslike politiek is en dat veral groot besighede hul sake elders uitbrei.

Daarenteen doen die JSE baie goed want in meer as die helfte van die sake word die vertroue verskans met beleggings in ander lande.

Waar laat dit die landbou?

Die landbou is nie iewers op ‘n eiland nie, maar deel van die plaaslike en wereld ekonomie. Om die bestaande boerdery metodes te verbeter is bykans onmoontlik. Die boere is van die bestes in die wereld en gebruik die beste tegnologie. Daar moet opgehou word om fout te soek met die SA Boerderye.

Stelsels waar die eienaar prakties op die voetsool vlak betrokke is, is van die beste stelsels ter wereld. Waar ons wel kan fout soek is die bestaans boerderye wat nie kan werk nie. Dan ook staat tiepe boerderye. Jy kan oral in die wereld gaan kyk na sulke mislukkings.

Kan die swak rand uitvoer bevorder?

Beslis. As die land se uitvoere nie drasties herstel en voortduur as ‘n handelstekort soos tans, sal die rand se waarde verder verswak tot R20 per doller. Ons hoop iemand skrik wakker en keer dat ons in gemors status beland. Dit sal wel  invoere drasties inkort. Dan sal dit ons invoere benadeel en kan ons invoer-inflasie kry waar die verhoging van rente geen invloed sal gee nie. In so geval sal pryse styg en mense wat hul geld in doller verdien sal absoluut floreer.

Waar kan die kommersiele landbou verbeter?

Daar kan nie net verbeter word nie maar daar moet inderhaas drasties gered word. Veral die suiwel en vleis produsente is in ‘n knyptang vasgevang waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Verbeterings met invoer vereistes is gedoen maar gaan kyk na Australia en jy sal sien hoe het hulle al die uitvoermark verfyn na China. Hulle is absoluut spesialiste op oorsese bemarking. In SA het uitvoere weens Bek en klouseer gaan stilstaan. Noudat die status herstel het is daar niemand wat na oorsese lande kan uitvoer nie.

Gaan kyk na die melkstal by Vrede om nou plaaslike gemors te aanskou. Ons het nie melkstalle nodig nie maar uitvoer bedrywe wat die prima produkte kan uitvoer. Boere sal drasties moet kyk na produsente organisasies wat oor uitvoer potensiaal beskik.

Elke Boer kan nie op sy eie uitvoere behartig nie maar moet organiseer sodat dit groepsgewys gedoen kan word.

Wat van die plaaslike mark?

Vat jou sakrekenaar en gaan sit in ‘n “steak” restaurant. Kyk dan wie koop wat en moenie skrik as hulle dan ook nog vis bestel nie. Doen dieselfde in jou slaghuis.

Jy sal vind dat die groeiende swart middel klas koop weinig tot geen “steak”. Ook so met die skaap tjop en ook jou goeie kaas. Dus, in hierdie markte daal die gebruikers na minder as 1%. So van watter plaaslike mark praat jy? Die paar Blankes wat besig is om te ver-arm?

Afrika is Brazil en sommige ander lande se storting terrein. Dit beteken die goedkoop gemors sal meer gestort word soos byvoorbeeld die battery- of eier-produksie hoenders wat se vleis goedkoop verkoop word. Ook braaikuikens. Daar is verlede jaar stappe gedoen maar is nog nie voldoende nie. Ek is bevrees die invoere gaan nie effektief gestop word nie en sal alle vleis pryse op die plaaslike mark verder benadeel.

Terwyl jou goedkoper produkte die nasie voed moet jy jou prima produkte uitvoer om die boerderye te red. Australia is reeds ver voor en as Boere wil oorleef sal hulle moet stop om te gorrel oor die saak. Daar moet drasties iets gedoen word met die uitvoer beleid en organisasie samestellings.

Lees meer oor die Stigting hier: Stigting

Of Sluit aan by ons programme. Ons gebruik Affiliatebank.net  hier:

Affiliatebank produkte vir Suidelike Afrika

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.