Hidroponiese voer – verhoog jou produksie

Hidroponiese voer – verhoog jou produksie

hidroponiese voer

Vandag gaan ons kyk hoe om produksie van skaap te verhoog tot 150%. As jy mooi werk kan jy die ekstra koste van jou groenvoer herwin met groter produksie. Omdat die meeste van ons lede die hidroponiese voer saam met weiding gebruik gaan ons spesifiek daarop konsentreer.

Kom ons neem ‘n voorbeeld:

Jy het 150 skaap teen 100% produksie.

Een ooi gee dus een lam per jaar. Die voerkoste kan jy sekerlik verlaag maar ek gaan dit neem op ‘n stewige R4000 per ton. Dus R73 000 per jaar.

Jou lammers verhoog nou na 225 of dan 75 meer as normaal teen 150%. Jou inkomste is nou teen R1500/skaap R112 000 meer .

Jy kan nou sien dat jy klaar jou hidroponiese voer koste gedek het met net die ekstra lammers wat jy kry.

Hoe kry jy dit prakties reg met hidroponiese voer?

Die somme is mos altyd makliker as die praktyk. Die beginsel is egter maklik maar daar is ‘n paar fyner kunsies wat jy moet reg toepas.

Eerstens gaan dit oor vertikale uitbreiding teenoor horisontale uitbreiding. Horisontaal is nou waar jy nog ‘n plaas koop en daardie plaas moet met jou skaap betaal word. Dis baie geld as jy dit ooit gaan reg kry. Dis Miljoene.

Vertikaal kyk ons hoe kan jy jou bestaande grond beter benut. Ons praat hier van so rofweg R50 000 se kapitaal afhangend van wat jy reeds het.

(Laat ek dit tog maar net eers in vryf. Daardie R900 wat jy as lid my betaal het. Dink jy nie ons moet dit R900 000 maak nie? Jy weet een so stelsel verkoop tans in 2017 vir R340 000. Dan vee hulle jou ook nog af as hulle klaar hulle geld het.)

Kom ons kyk na die tweede stap. Wanneer jy skape voer tydens paring vat hulle meer en gee meer tweelinge. Die kondisie van die skaap moet dus tydens die paar of ram tyd toeneem. Iets wat jy nie op die veld gaan reg kry nie.

Omdat ons nou vandag na weidng in ekstensiewe toestande kyk gaan ons dit saam met hidroponiese voer sodanig benut dat dit vir jou meer produksie gee. Somer en winter.

Kom ons gaan nou na die derde stap. Wanneer jy jou ooie laat lam in die veld verloor jy lammers weens roofdiere. Wat jy nou doen, jy bring jou ooie naby waar jy hulle kan toemaak in kampe om die lammers te beskerm. Die klein lam-kampe beskerm jou lammers, jy gee hulle daar nou ook ekstra groenvoer.

As jy lamhokke gebruik soos wanneer die ooi die lam weggooi, dan werk dit ook goed. Dis nou vir die eerste paar dae. Daarna gaan hulle ook na die lam kamp.

Ons het nou die lammers, wat nou?

Nou ja, voor ons nou verder gaan. Mense voer soms in die hokke lusern. Nie goed nie. Lusern het te min energie en veroorsaak ook ‘n koper tekort.

Wat help is as jy mielies en oliekoek saam gee. Lusern maak ook die melk dik en taai vir die klein lammetjie om te drink. So, dit gee meer kostes, groter eier maar minder voedingswaarde vir die lam. So groei jou lam dus stadiger.

Baie mense gee hidroponiese voer net vir beter gesondheid en nie om ander redes nie. Wat jy wel kry is vinniger groeiende lammers. Dus nog ‘n voordeel.

Maar ons is nog lank nie klaar nie. Hoe kom ons stapgewys by die 150% uit. Hierna gaan ons kyk van lamtyd tot lamtyd. Die beter benutting van jou veld en grond saam met die beter benutting van jou ooie.

Die lede kan nou hier die volgende pdf dokument aflaai oor hoe die proses verder loop. Moenie vergeet van die weerstand teen wurms nie want dit speel ook ‘n kardinale rol. Meer weerstand, minder wurms meer lammers. Gaan hier vir meer:
Sluit hier aan by die groep

Tot ‘n volgende keer….

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.