Pryse is onder toe
Vleispryse November 2024
C grade styg vinnig tot R50/kg A grade wissel tans tussen R52 en R60. Ons verwag dit gaan styg bo R60.
Vleispryse Oktober 2024
Pryse het met R2.00 gedaal. Ons verwag dat dit net tydelik is en na einde Oktober sal herstel.
Uitvoere vorder maar daar is net te min mense wat wel uitvoer wat die plaaslike mark onder groot druk sit.
Dit is baie ernstig en kan lei tot bangkrotskap onder voerkrale en produsente.
Vleispryse September 2024
Pryse vir A2 en A3 is baie mooi op R60/kg geslag. Uitvoere gaan dit stadig maar seker verhoog.
Vleispryse Julie 2024
Die nuwe Minsiter van die DA kan die kommunikasie verbeter. Arbeid op plaaslike vlak gaan egter nie verbeter nie.
Die struikelblokke met uitvoere behoort te verbeter.
Vleispryse Junie 2024
Goedkoper mielie invoere druk voerpryse af en laat speenkalwers styg. Uitvoere vorder maar kan nog beter vorder.
Vleispryse Mei 2024
Dit gaan egter maar traag in die vleisbedryf.
Dit is ooglopend dat die ekonomie net verder in duie stort. Baie negatief.
Ons kan verwag dat daar baie gelieg gaan word vir die verkiesing. Elkeen moet hardwerk om die rassiste uit te kry. Daar word groot afdankings in alle sektore verwag. Dit is nou na die verkiesing
Die regering vra om net uit te hou tot na die verkiesing. Daarna kan ons net groter ellende verwag. Ongelukkig is daar in die ekonomie niks positief vir 2024 nie.
Arbeid:
Met die regering wat net lone verhoog sonder om die ekonomie in ag te neem is Boere nou genoodsaak om arbeid te verminder. As jy nie persone kan verminder moet jy dae en/of ure verminder.
Jy kan nie net jou uitgawes vermeerder terwyl jou inkomste verlaag nie. As jy nie arbeid sny nie gaan jy net vinniger bangkrot raak.
Speenkalf pryse Maart 2024
Gaan pryse in duie stort?
Met die uitvoere nog in die toekoms en die meeste voerkrale wat nie help om uitvoere te verbeter lyk dit tragies.
Of dit nou polonie in Afrika is, of die midde ooste, ons moet vinnig iets doen om uitvoere te verbeter en die oorskot op die plaaslike mark te stop.
Pryse neig tans na slegter as verlede jaar. Dit is veral speenkalwers waar die mark tans is duie stort.
Speenkalf pryse Februarie 2024
Netjies, Uitvoere na Saudi Arabia in die pylvak. Dit gaan nie vleis pryse op die rak laat styg nie maar die mark stabiliseer. Duur snitte kan uitgevoer word en produksie van speenkalwers kan met beter pryse begroet word.
Alle uitvoere bevoordeel SA se ekonomie, skep meer werk geleenthede en is dus positief. Dis soos ‘n silwer randtjie om die donker wolk wat op ons koppe hang.
Speenkalf pryse Januarie 2024
Die jaar begin goed met stygings in veral skaap pryse.
Internationaal gaan dit egter baie sleg. Die rassistiese regering hou aan om die weste te tart, beledig en ons internationaal te isoleer.
Alweer. Aanhoudend. Rassisties
Dit is soos ons die hele rits van gevalle kan beskryf waar die regering aanhou om ons vriende in die wereld wat te “wit” is verpes. Nou is dit weer Israel wat verpes word.
Wat die mense nie “wil” besef is dat die rykste lande in die wereld “wit” is. Dat die lande soos Europa, Brit en Amerika, is Israel se vennote. As jy Israel verpes sleep jy Amerika in en beledig jy die Biden administrasie. Trump noem Afrika die “shit hole”.
Nou wat gaan hulle hier bereik? Dit gaan nie oor wie gaan wat in ‘n hofsaak bereik nie. Die Biden administrasie het Suid Afrika reeds met erge woorde veroordeel. Kan ons nou beter handelsbetrekinge verwag?
Rusland, Iran en Suid Afrika is nou die terroriste van die weste. Hierdie lande wat herhaaldelik die weste terroriseer met Suid Afrika wat nou ook Hamas steun. Hamas gesteun deur Iran is die regering van Gasa wat Israel met terroris aanvalle in ‘n oorlog gesleep het.
Moordenaars, verkragters, terroriste, -watter slegter name kan ons meer genoem word as die meelopers van Rusland en Iran. Met so ‘n onder rok wat uithang kan ons nie voorspoedig word nie en kan ons net verder in die “shit hole” stink.
Die nuwe jaar 2024
Voorspoedige nuwe jaar. Dit lyk inderdaad of ons goed gaan begin. Speenkalf pryse bo R40/kg is inderdaad ‘n goeie herstel en ons verwag dat dit so in Januarie gaan voortduur.
Goeie nuus – Ons het aanbeveel dat Boere nie hul speenkalwers moet verkoop as hulle nie R40/kg kan kry nie. Net so. Voerkrale moenie probeer die produsent uit buit nie. Veral as die voerkrale onder druk is moet hulle eerder die uitvoer mark benut.
Nog goeie nuus? – inderdaad. Die voerkrale wat wel die uitvoer mark benut is stadig maar sekerlik besig om te wen.
Nog goeie nuus? – Beslis. Die brandstof pryse daal en ons verwag dat kunsmis pryse en veral ureum ook gaan daal. Dit sal die mielie prys stabiel hou wat goed is vir die veebedryf.
Werk nou net hard aan die vernietiging van BBB-BEE en die Landbou se uitvoere gaan verbeter wat meer geld die land sal inbring.
Goeie nuus vir Boere is altyd skaars en ons weens jou ‘n voorspoedige 2024 toe.
Speenkalf pryse Desember 2023
Met Kersfees om die draai gevolg met die nuwe jaar wil ek graag ‘n video deel met ons lesers.
Dit gaan oor Europa en die midde ooste. Ons regering is blind. Miskien is ons vriende soos Ukraine en Israel te “wit”. Veral Europa is ons beste vriende en ons uitvoere na Europa en die midde ooste is krtiek.
Dit gaan nie net oor die redding van die vleisbedryf nie maar alle Landbou produkte. As ons nie gaan saam staan om ons uitvoere te beskerm en te verbeter in die nuwe jaar nie, gaan ons as Boere baie seer kry.
Gaan kyk eers na die video op youtube wat opgeneem is in die “UN” (Vereenigde nasies).
Die seun van ‘n stigter van Hamas praat oor sy kinder jare en die walglike organisasie wat ons Regering so graag steun. Luister mooi wat hy praat oor Rusland.
Youtube skakel: https://www.youtube.com/watch?v=pjOEJumoABg
Speenkalf pryse November 2023
Desember is in sig. Ons wil waarsku om nie die mark te oorstok nie. Beeste sowel as kleinvee.
Te veel mense wil reg maak om die mark te benut op die hoogte punt van die jaarlikse mark. Die voerkrale is dik gekoop en almal slyp hulle tande vir die feesmaal.
Suid Afrika is egter arm en baie min bonusse is beskikbaar. Om die mark dus toe te gooi in die hoop op ‘n lekker wins kan misluk.
Diesel pryse is besig om te daal en ons hoop dit duur voort.
Rassiste: Uitvoere geblok teen Blanke Boere.
Die rasistiese regering in Suid Afrika het die uitvoere deur Blanke Boere verban. Hierdie rassiste verdien sanksies teen hulle BEE wette wat gemik is teen Europa en Amerika se mense.
Hoe kan Amerika en Europa wat die UK insluit dan nog uitvoere na hulle lande toelaat. Sanksies moet onmiddelik ingestel word teen BEE. AGOA moet gekanseleer word.
Alle mense met kontak en mense wat in die buite land werk moet elke geleentheid benut om sanksies in te stel. Soos een man saam staan om rassisme te beveg.
Dis veral vrugte Boere wat vrugte uitvoer na Europa wat geteiken word.Terwyl miljoene mense honger lei in Suid Afrika word hier rassisme gebruik om Blanke Boere te vernietig.
Dieselfde mense wat Rusland steun en so ook die moord op duisende vroue en kinders, wil nou ook die Blanke Boere vernietig. As meer as 17 000 kinders ontvoer is deur Putin dan wil hierdie selfde mense voorgee hulle gee om vir die armes. Nee, hulle wil net meer korrupsie pleeg.
Hulle wil graag dat Blanke Boere miljoene rande vir omkoop geld in hulle korrupte amptenare inpomp om hulself te verryk. Gee sulke mense om vir die miljoene kinders wat honger ly?
Ons enigste hoop op beter vleispryse is met uitvoere.
Geen BTW
Kalwers:
onder200kg
200 – 280
Bo 280Kg
Beeste
A graad
B graad
C1 graad
C2/C3 (vet)
Bulle
.
Skaap lam
Slag lam
Maer ooie
Vet skape
Bok lam
Bok ooie
Gemid.
Rand
33,20
34,23
29,10
Gemid.
29,85
26,00
18,55
23,00
25,60
.
44,50
39,50
32,80
34,20
55,00
42,50
Beste
Rand
35,00
34,80
30,15
Beste
34,30
27,45
20,34
24,82
26,23
.
45,40
41,50
33,80
35,50
57,00
44,50
Vir meer inligting oor landbou gaan hier:https://landbou.stigting.co.za
Vir algemene inligting oor die stigting en berigte gaan hier:https://stigting.co.za