skape en bosluise

Skape en beeste se weerstand;

Nou as jy dink mens meng net ‘n lek en siedaar, sit jy die pot effe mis. Ek krap so tussen die voortrekkers en besef net hoe moes hulle boer sonder gif. Wel dis maklik, die diere was bestand teen parasiete. Hulle kon met die afrikaner osse trek, ploeg en met die koeie teel. Wat het dan waar verkeerd geloop vra ek?

Sommer so sit ek 2 en 2 bymekaar en kry ek invoere. Dis die probleem. Die eerste wat ek van weet is die Hollandse Fries. Die beeste was nie bosluis bestand nie. Dit was egter maklik, jy sien jy voer net gif in en boer verder. So voed die bosluis op die dier en teel aan tot miljoene. Gaaf nou boer ons mos met bosluise of hoe? Nog ‘n antwoord, voer nog meer beeste in en voed meer bosluise. Nou boer ons mos goed met die bosluis. Nog ‘n paar skape en nog wurms ook en ons vorder uitstekend. Laat ek net gou vra, daar in midde Afrika, waarmee behandel hulle diere? Met watter tiepe gif?

Wild- Nou ja kom ons kyk wat het gebeur. Ons span drade en verhoog produksie op ons grond. Natuurlik nie net meer wild maar ook meer parasiete. Maar hier is ‘n ding. Jy sien die diere benut grondstowwe om hulle te beskerm teen die peste. As ons hulle in kampe plaas kan hulle nie soek na die regte grondstowwe en kan hulle nie hulself beskerm nie. Nou gryp die Boere weer na gif en dan kry jy SUPER bosluise. Dit is bosluise wat bestand is teen alle gifsoorte. Daar boer ons weer met bosluise en word ryk uit die tiepe troeteldiere of hoe?

Kom ons kyk na die Blou wildebees. Die maak kolle in die grond en rol en skop en grawe daarin. Omdat hy stupid is? Nee, die spesie is die beste teenvoeter vir bosluis en verminder die bosluis op die grond. Laat ek net waarsku: Beeste wat nie saam met die Blou wildebees groot word sal nie weerstand teen snotsiekte opbou en kan dus vrek. So wat moet ons doen? Saam met Blou wildebeeste boer? As iemand sy Doktorale studie wil doen op die beheer van Bosluise met die Blou wildebees as bron van inligting mag ons dalk beter vorder as wat meeste dink.

Skape en Voorkoming van Bosluise op jou plaas.

Die kern is om uit te vind watter grondstowwe werk bosluise teen as parasiet. Ek weet nog net van ‘n paar en gebruik dit in die SS Wonderlek. Gaan toets dit maar en jy sal sien jou bosluise begin na drie weke verminder en jou diere raak gesonder. Stop, Punt en klaar.

Jy sal intussen self moet meng want daar is baie politiek oor die saak van lekke. Ons verbeter voortdurend en jy mag dalk in die toekoms ook te koop kry. Ek gee dit vir enige bees of skaap.

Skaap; Laat ek die saak nie mis nie. My skape het geen bosluise en kry geen behandeling. Nogtans modder vet. Vra maar die diewe.

As jy wil kan jy ook rolblokke skep. Jy grawe ‘n gat so 4 meter by 4 meter en so 200 mm diep. Dis net om te keer dat die goed nie weg spoel nie en moet ook nie ‘n moddergat kan vorm nie. Die grond moet goed gedeineer wees soos sand grond en nie klei nie. Nou gooi jy die “special” in en die perde sal eerste kom rol. Om wat te doen? Die diere gebruik die grondstowwe om hulle teen bosluise te beskerm. So ook wild en vele meer maar nie wolskape nie.

Wat is die “special” mag jy vra?

Ons weet nog nie alles maar daar is so paar goed wat ons kan meng vir die doel en ons leer nog by die dier wat nie kan praat nie. Ek is seker hulle dink die mens is stupid! Ons kan dit egter op die stadium makliker aanvul met ‘n lek maar omdat ons al so baie parasiete gekweek het vir ons boerdery mag meer metodesnodig wees. Veral ingevoerde diere wat swak of geen weerstand het sal net ‘n lek nie voldoende wees nie.

In 2011 het ek saam met Boere en kundiges begin om die effek te toets en het ons reeds ver gevorder. Ons probeer egter so ver as moontlik sonder gif klaar kom. Die beste nou is die SS Wonderlek.

Skaap en parasiete

Veral die haarwurm kan pla in veral nat toestande. Kyk na die oog en ooglid se are van die skaap. As dit rooi is, is die skaap gesond. Hoe witter, hoe meer is die bloed armoede en moet jy doseer. Spuit ivermektien 2 keer per jaar (Oktober en Februarie) anders kan jy ‘n bree spektrum doseer. Doseer so min as moontlik om imuniteit op te bou.

Neuswurm sal jy sommer sien as die neus snotterig is. Lewerslak kan jy mooi in die geslagte lewer kyk. Soek vir ‘n dun lang wit wurm. As jy die lewer oop sny en in die gaatjies krap en wit items trek sal jy gou dit sien.

Jy kan ook vir rondewurm toets deur so 10 uit ‘n trop skape te laat toets. Hang  ‘n sakkie aan die stertkant en agterlyf om mis monters te neem. Jou veearts kan dit dan laat ontleed.

Normaal dood ivermektien feitlik alle parasiete maar jy moet nogtans oplet of jy nie ‘n bepaalde parasiet kweek nie. Indien wel moet jy die skaap help om dit te oorkom. Herhaling is nodig binne so 40 dae om alle stadiums soos eiers wat uitbroei ook te vernietig.

Wurms in skape se wol. 

Wolskape moet skoon geskeer word waar en wanneer die wol nat en smetterig voorkom. Veral onder die stert. Anders sal wurms sommer so aan die lewendige dier vreet. #

 

Sluit aan by die SAAI Stigting en neem deel aan ons landbou ontwikkeling. Gaan hier vir meer inligting ook oor wonderlek: https://affiliatebank.net/afr

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.