skaap Damara Meatmaster
Voor ons begin met skaap Damara Meatmaster laat ek net eers weer noem dat die wolskaap wat ons aanbeveel is die Dhone Merino en dat jy ‘n kursus moet doen in die wol. Hier gaan ons nou na vleis kyk en gaan ons nou meer intens kyk na die vleis skaap in ekstensiewe of veld en bos toestande.
Skaap Damara Meatmaster is veskillende tiepe skape maar almal met Damara as die basis. Die gehardste skaap wat kan oorleef waar geen ander skaap kan nie.
Aanpasbaar
Uit die woestyn van Egipte waar die ras reeds so 6000 jaar bestaan en versprei het tot in die Namib woestyn van Suidelike Afrika. In die digter bos gedeeltes van Afrika kon die skaap op uitsluitlik blare oorleef. Die skaap kom vandag oral in Suidelike Afrika voor.
Skaap Damara Meatmaster se pote is groot en bene dun. Die groot pote is dat die skaap nie in die sand wegsak en die dun bene is om oor lang afstande te kan loop.
Tot 3 dae sonder water is absoluut geen probleem. Al drink die skaap meer gereeld water help dit met vrugbaarheid. Die dik stert is om vet te stoor sodat dit gebruik kan word as bron tydens tye waar kos skaars is.
Die vetstert word ook gebruik om meer melk te verskaf tydens laktasie. Sodra die skaap voldoende kos kry word die stert weer vetter en is dit die idiale tyd vir paring wat ook kan lei tot tweelinge.
Hier kan ons dus sien dat die stert ‘n baie belangrike komponent is in lammer produksie en oorlewing.
Bouvorm
Die bou vorm is perfek vir veld en wildernis toestande. Ook vir Karoo of Kalahari toestande. Dit kan vergelyk word met diere soos die ribbok of springbok.
‘n Gekurfde ruglyn met veral in woestyn die knop op die agterkop van die ram. Die effe hang kruis vir maklike lam maak dat daar geen gesukkel is met lam tyd.
Die stert moet lank wees tot tussen die hakke en pote. Die breedte moet nie te breed wees want dit kan dekking benadeel. so 1/3 van die lyf se breedte wat dan skuins afloop na die punt van die stert.
Nie so dun soos ‘n hond se stert want dan is dit ‘n aanduiding dat die stert nie sy funksie kan vervul soos reeds voorheen beskryf.
Die stert mag ook nie gekrul of misvorm wees nie. So mag die bene ook nie soos “knock knees” of bakbene wees nie.
Die kleur van die skaap Damara Meatmaster mag enige kleur wees maar sover doenlik nie wol nie. Die haar kleed kan in koue toestande effe wol kry om die koue te verdryf.
Meatmaster
In die geval van Meatmaster word daar gepoog om al die eienskappe van die Damara te behou maar om die karkas te vergroot. Omdat die Damara baie blare vreet is die vleis meer geurig. Om dit uit te teel is nie raadsaam nie.
Dit kan eerder gedoen word deur die skaap op kraal te hou en te voer met net gras, lek en baie min mielies (1/2 koppie per skaap per dag.) Net so maand voor slag. Moenie die skape vet voer nie. Jy gaan baie maklik die skaap te vet voer.
Teel eerder net 25 tot 30% van die Dorset skaap in om net die karkas te verbeter vir slag doeleindes. Met seleksie moet die tweeling lammers en karkas verbeter word maar die Damara se vorm, gehardheid en so meer moet nie verlore gaan nie.
Die lammers mag nie meer as 3kg weeg met geboorte nie en moet daarna vinnig groei. Vinnige groei word verkry met goeie voeding, voldoende melk en vinnig groeiende gene.
Die teiken so 70 kg vir ooie en tot 120 kg vir ramme.
Peste en siektes
Jy moet maar kyk wat is daar in jou omgewing wat pla want dit is nie moontlik om oor die hele Suidelike Afrika ‘n bepaalde resep voor te skryf nie.
My eie gee ek net Bloednier entstof 2 keer per jaar as die skape verskuif word of nog nie aangepas is nie. Dan vir wurms of parasiete net 2 keer per jaar met een tussen pose van 21 dae. Dit is net om die parasiete wat in nog in die eier stadium is en daarna uitbroei, ook vrek te maak.
Kyk ook na Wonderlek deur hierbo regs te soek.
Pasteurelle entstof net as hulle hoes en ‘n antibiotika as hulle siek lyk of weens vrotpootjie kruppel loop. Dit is veral as hulle op kraal slaap.
Jy benodig goeie drade maar as jou skaap gevestig is kom hulle altyd weer terug. Diefstal is vir enige skaap iets waarvoor jy moet versigtig wees.
Die skaap Damara Meatmaster is ‘n mooi en interesante skaap. Maklik om suksesvol te boer en net een plesier.
Meer oor ons groenvoer program gaan kyk hier: https://affiliatebank.net/afr
Volgende keer praat ons oor praktiese skaap boedery.