Skaap boerdery Ons boer vooruit Sluit aan

Skaap boerdery is maklik as jy met Damara of Meatmaster boer. Min siektes en dus vrektes. Aanpasbaarheid is die beste en produksie hoog. Winsgewend op klein en groot skaal en jy kan ook ekstensief daarmee boer.

skaap boerdery in droogte

As jy die skape in die veld laat oorslaap moet jy verseker ent vir bloutong. As die skape onder dak slaap moet jy hulle nie te vroeg laat uitgaan. So 9 uur as die veld droog raak. Muggies kan veral snags of vroeg soggens virusse oordra aan die skaap.

Ek gebruik slegs ‘n dak en nie ‘n stoor want die stoor is te warm en bevorder bakteriese infeksies. Die grond in die kraal moet goed dreineer sodat jou kraal altyd droog bly.

Hou jou skape weg van water soos damme, spruite of water gate. Dit is ‘n teel plek van siektes en wurms. Skape hou nie van nat toestande maar verkies koppe, hoogliggende grond en bosse om blare te eet.

Reen water is skoon en dus geen probleem maar daarna wil jy nie dat die reenwater in damme vergader binne die weikamp nie. Gee skoon water in krippe.

Skaap boerdery – Lamkamp en Lamhokke.

Dit is raadsaam om ooie wat eier maak in die lam kamp te sit sodat hulle onder toesig lam. Dit beskerm nie net die lammers teen jakkalse nie maar jy kan dan ook maklik sien as daar probleme met geboorte is.

As jy dit verkies kan jy daarna die ma en lammers in ‘n hok sit wat net groot genoeg is vir die ooi om, om te draai. Hulle word dan hier gevoer totdat die lam sterk genoeg is. So 30 dae.

Daarna word die ooie met lammers weer in ‘n kamp geplaas waar hulle verder gevoer word. Die lamhokke is veral belangrik by die tiepe skape wat maklik hul lammers weggooi as die voeding swak is. (Soos Dorpers en Merino’s)

Die lam kampe is nie groot en toesig is maklik met goeie draad om jakkalse en rooikatte uit te hou.

Weiding vir skaap boerdery

Ons laat die skape vir 7 ure wei en leer hulle om vanself terug te kom. dit kan gedoen word deur so teen 4 uur in die middag vir hulle lek te gee of mielies. In die geval van mielies gee ons hulle net ‘n halwe koppie per skaap anders kry hulle dalk suurpens.

Gooi die mielies in ‘n streep sodat die een nie te veel kry en die ander niks. Die skape moet dan die pitte een een van die grond optel.

NUUT: Nog beter sluit by ons Skaap lede aan en boer saam. Dit eenmalig die prys van ‘n halwe skaap maar jy spaar dit vinnig.

Gaan sluit hier aan: https://affiliatebank.net/afr Kyk onder skape en bokke.

Of lees meer hier: https://landbou.stigting.co.za/skaap