Plaasveiligheid

Plaasveiligheid: Uit die opsommings, artikels en verslae is bepaal dat roof die grootste oorsaak is van aanvalle op plase. Dat SA oor die swakste en slegste moord asook roof statistiek in die wereld beskik. Nou gaan ons verder en soek na oplossings om die probleme te voorkom.

plaasveiligheid
Plaasmoorde is wreed en BARBAARS

Plaasveiligheid – oplossings

1. Die eerste is dat politieke leiers die wil moet genereer om misdaad te verminder. Daar moet dus duidelike en herhaalde uitsprake wees om alle kriminele te vang en swaar te straf. Plaasveiligheid word selde aangespreek.

2. Propaganda dat landbouers of Boere slegte mense is moet teen gewerk word met feite, advertensies en veldtogte in alle tale. Soos, hoeveel Boere gaan na ander se huise en vermoor mense daar teenoor Boere wat in hul eie huise wreed vermoor word. Wie gee werk en produseer kos?

3. Tevrede werkers. Almal sal bly wees om meer geld te kry maar so is bykans alle werkers bly dat die Boer hulle werk gee teenoor miljoene wat werkloos is. Nogtans moet onnodige werkers uitgewerk word sodat die aantal probleme verlaag kan word. Bykans alle gevalle het ‘n spoor waar werkers of bure se werkers hulp of inligting aan kriminele verskaf.

4. Veral Boere wat nie op plase woon moet verantwoordelik gehou word as hulle plase, werkers of toerusting soos krale en laaibanke deur kriminele gebruik word om ander se diere of eiendom te steel. Toegang deur vreemdes moet ook verbied word om plaasveiligheid te bevorder.

5. Subsidie aan sekuriteit. In plaas daarvan om meer geld op die polisie te vermors behoort sekuriteit beter ondersteun te word. Ook alarmstelsels wat meer effektief op plase werk moet ontwikkel word. Groot afstande op plase maak stelsels wat vir stede ontwikkel is oneffektief op plase. Ook reis afstande en om die plaas te kry tydens nood, skep swak dienste.

6. Wetgewing wat grondeienaars teenoor oortreders beskerm behoort verbeter te word. Kriminele kan nie bo plaasveiligheid gestel word deur sogenaamde mense regte nie.

plaasveiligheid 2 

7. Boere moet hul plaashek sluit en ‘n bord op die hek installeer wat oortreders op die eiendom verbied. Sowat 89% van Boere maak hulle skuldig hieraan en wil dan mense aanrand as hulle op die plaas gevang word.

plaasveiligheid Borde

8. Voorkoming. Omdat diefstal so hoog is moet dit as die nommer een misdaad voorkom word. Hierdie diefstal lei tot frustrasies, aanranding en dan moord. Of jy net jouself wil verdedig of die aanvaller wil stuit, is dit moeilikheid wat jy nie op jou wil trek nie. Beweeg gereeld teen laat middag en saans op jou plaas rond om diewe te vang of af te skrik.

9. Al is dit iriterend en vertoon doelloos maak tog maar ‘n saak oor elke diefstal sodat die ernstigheid van diefstal en statistiek deur swak diens getoon kan word.

10. Werk saam. Duisende Boere werk reeds saam om kriminele uit jou eie omgewing te verwyder en so diefstal te voorkom. Jy is volgende so moenie huil as jy skade kry nie maar roer elke dag onder die vreemdes op jou plaas of in die buurt. Ons weet dit is die plig van die staat om die land se inwoners te beskerm maar ons weet ook dat as elke Boer nie sy kant bring nie dit tot nadeel van homself sal wees.

11. Spandeer elke dag 1 uur van jou kosbare tyd om jou eie veiligheid te bevorder en jou eiendom te beskerm. Net die gedagte help om jou te laat konsentreer op die probleem en verbeter jou waaksaamheid.

12. Ondersteun organisasies wat jou en ander se plaasveiligheid op die hals dra. Dit kan wees van net praat soos politiek, die VN se steun tot praktiese sekuriteit vir plase.

Plaasveiligheid

Beloon ou wagter met ‘n sappige been terwyl hy sy bes probeer en lewer jou kommentaar oor wat nog gedoen kan word om plaasveiligheid te bevorder.

Nuutste byvoegings oor plaasveiligheid

Wetgewing wat grondeienaars die reg tot beter beskerming gee word benodig wat ook die verbod van vreemdes of oortreders op jou eiendom sal verbeter.

Boere word versoek om meer aandag aan die volgende punte te gee;

1. Nalatigheid. Goedkoop items soos sluit jou hekke en plaas ‘n bord op jou hek of hekke om oortreders te verbied, word bloot nagelaat.

2. Tel al die pikke, grawe, pype en klippe in en buite-om jou werf op. Klippe kan ook in sement geheg word of paaie en verspoelings kan herstel word. Kriminele gebruik die items as wapens veral teen honde.

3. Patroleer jou plaas en onmiddelike omgewing veral van half vyf tot nege uur saans.  Een uur wat afgewissel word is voldoende. Dit word beweer as die effektiefste metode want diewe weet dit is die tyd wat Boere wil ontspan.

4. Hou jou deure dag en nag gesluit.

Hierdie 4 items kos baie min geld en as almal dit doen kan dit groot veiligheid bevorder. Ongelukkig is die ou siekte oorheersend. Dit is; Skelms val net ander aan en nie vir my nie. Hulle steel net ander se goed, nie myne nie.

Wel jy is volgende! Stuur solank ‘n foto sodat ons kan sien hoe die volgende statistiek vertoon.

Die Gelofte volk se mense kan by die SAAI Stigting aansluit; https://affiliatebank.net/afr

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.