Mielies
Kom ons probeer die mielie toekoms in een paragraaf voorspel. In 2013 het ons gesien die Amerikaners is weer oppad na ‘n rekord oes en ons het reeds gemeld dat hulle die pryse sal laat daal in so geval. Die rand is besig om te daal na R11/dollar in 2013 en na R17/dollar in 2016. So wat nou?
Ons verwag dat wit mielies min of meer konstant sal bly want weens die droogte gaan daar nie ‘n oorskot wees nie. Inteendeel daar sal tekorte wees wat vir die mielie Boer goed sal wees. Die swak rand sal alle invoere in toom hou maar inset koste drasties verhoog. Nogtans verwag ons ‘n konstante bedryf as jy wit mielies het om te verkoop.
Geel mielies gaan in ‘n oorskot wees want baie voerkrale en hoender bedrywe het reeds toegemaak. Die verkoopmark van geelmielies na die droogte se pryse sal drasties val. Dit beteken ook dat as jy in Junie / Julie wil verkoop gaan jy nie prys kry maar as jy geelmielies soos in Januarie wil koop is dit baie duur.
Wat nou?
Omdat ons tydens die droogte ‘n skaarste aan veevoer verwag kan daar ernstig oorweeg word om mielies in silo’s op te gaar of as kuilvoer te berg. Kuilvoer kan maklik vir 5 jaar en langer geberg word, as jy dit dig vastrap en toemaak. Verkoop dit aan voerkrale of begin self voer.
Die speenkalf bedryf in SA het net soos die hoenders in een gestort en laat dus nuwe geleenthede mits jy die voer het. Dan ook moet jy ‘n uitvoer mark vir jou vleis skep. Dit is raadsaam om dit saam met ander mense te doen wat die uitvoermark kan ontwikkel.
Saam met die kuilvoer kan jy mielies en ‘n protienlek gee wat kostes baie laag hou. Die grootste probleme vandag is kunsmis, diesel en vervoer. Op vervoer het ons nou baie gespaar weens lae olie pryse vir 2016 maar pasop as dit weer styg.
Diesel en kunsmis. (Dit gaan duur word)
Op die 2 items is die ontwikkeling streek ver agter. Eerstens moet die grond so min as moontlik bewerk word. (Sien grondvog.) Dan moet die deklaag met biologiese werking lewendig gehou word. Dit beteken, hou plante aan die groei deur die jaar saam met wisselbou. Die mees suksesvolste is mielies eerstens saam met Kanola en tweedens saam met sojabone.
Peulgewasse verhoog en bind die stikstof. Dit gee ook beter biologiese lewe in die grond sodat jy meer vog bewaar en ook minder kunsmis benodig.
Berg van mielies
Al die Boere het al bevind dat as jy jou mielies wil verkoop is daar ‘n oorvloed. As jy wil koop is die hantering en berging kastig so hoog dat, as jy mielies te koop kry, is dit teen 3 keer die prys. Een oplossing is om self te berg.
Beton is nie so duur en jy kry vorms om dit per laag te giet. Beton is beter as sink want dit is digter en hou die temperatuur meer konstant. Een laag is so 600mm hoog en dan giet jy een laag op ‘n slag. Jy skuif die vorms dan op en giet die volgende laag. Onder laat jy net ‘n opening vir die awegaar.
Plaas ‘n dak op met ‘n awegaar opening en seel jou dak om die buite rand om voels en vog uit te hou. Jy kan dit baie jare gebruik vir jou eie mielies. Of jy kan verkoop aan mense wat diere wil voer. Nog slimmer is om ‘n meul te installeer om of te maal of die mielies te breek.
Belangrik is om met alle planne arbeid ten alle koste uit te skakel of te verminder. Maak dus jou stelsel outomaties. Een so silo van 6 meter by 8 meter hoog hou so 200 ton mielies.
Installeer ‘n skaal sodat die meule stop sodra die massa bereik is.
Voorbeeld. Jy stel die grofheid en massa (gewig) op die skaal soos 1 ton. Skakel die krag aan en die awegaar gooi die mielies in die meule. Sodra die gewig bereik word sal die skaal die krag na die awegaar afskakel. Jy maak ‘n luik oop en die meel/gruis val in die mengwa. Hierna word die ander middels bygevoeg en in die krippe gegooi. So kan dit ook verkoop word in sakke of in massa op bakkies, sleepwaens of trokke.
Opsomming.
Tans word net sitrus en wyn as noemenswaardig vir die uitvoer mark geproduseer. Drastiese verbeterings is veral nodig in die speenkalf en melk bedryf. Dus in baie eenvoudige taal; verwerk jou mielies vir die uitvoer mark via vleis of melk produkte of speel bangkrot. Dis ons keuse.
In alle gevalle sal dit raadsaam wees om dit saam met ander mense te ontwikkel want jy kan nou net nie alles self doen nie.
Kyk ook na Agri vennote. Groetnis
Lees meer oor die SAAI Stigting en word deel van die toekoms. Gaan kyk hier: https://stigting.com