Hidroponiese Groenvoer vergelyk met ander voere
Hidroponiese Groenvoer het sy plek. Die meeste gebruik dit om hul bestaande boerdery aan te vul. Sommige gebruik dit om intensief mee te boer. Ander net vir goeie diere gesondheid.
Kom ons kyk na mIelies
Die meeste mense wat mielies plant of voorheen geplant het, weet, maar daar is baie wat nog droom van spek en eiers in die maan skyn.
As jy mielies plant en jy oes 1,5 ton per hektaar. Dan vreet die ape en ystervarke ook nog. Dan kan jy nie kompeteer met mense wat 5 tot 7 ton per hektaar oes nie. Ons gaan nou nie kyk na die rekord op mielies nie. Besef net dat jy nie kan kompeteer met kostes nie.
Koop dan eerder jou graan.
Kom ons kyk na lusern
As jy vir jou ‘n plaas wil gaan koop met water om ten minste 10 hektaar te besproei gaan dit jou nie minder as 1 Miljoen rand kos nie. Waar jy egter ‘n plaas gaan kry vir R1 miljoen weet ek ook nie.
Dan gaan dit jou nog meer as R1 miljoen rand kos om lusern te plant en te baal.
Jy het besproei toerusting nodig, trekker, planter, ploeg, skeur ploeg, dis, snyer, hark, baaler ook nog stoor, vervoer middels en wat ook al. Nog ook saad, kunsmis en diesel. Dit is ‘n bek vol.
Dan gaan vra ek ‘n man hoekom het hy opgehou met besproei en sy antwoord is in kort;: “Toe my ESKOM rekening oor R26 000 per maand was net vir my pomp, het ek gestop want dit is nie meer lonend nie.”
Laat ons nie vra wanneer gaan jy jou belegging van meer as R2 miljoen terug kry nie maar of jy ooit sal oorleef. Dis nou finansieel.
Kom ons praat oor hawer as groenvoer
Toe ek droe land geplant het was daar groeisels wat verdroog het. Die somer was te warm en in die winter het dit glad nie gegroei nie. As dit lekker reen is jy gelukkig maar ek plant vir die maer jare en winter. Dus glad nie suksesvol nie
Dan die meeste dele van ons land is die winter – Droog. Dit reen nie soos in die Kaap in die winter nie. Ons soek voer na die winter. Van Augustus tot die eerste reen. Dit is die kritieke tyd. Dan het jy ook nog nodig trekker, implimente, saad, kunsmis, lande, diesel en daar gaan ons alweer.
Toe koop ek mielies en lusern
Die koste vir die jaar 2021 is so R4330 per ton. Maar die protien is te laag. 8% Protien vir lakterende ooie en ook lammers is net eenvoudig onvoldoende. Dus moet jy dit meng met items soos oliekoek en vismeel. Kan jy nou sien waar gaan die kostes heen?
Hidroponiese groenvoer vergelyk met ander voere
Daar is nou reeds Boere wat dit begin het met ons program teen kapitale uitgawe van so R50 000. Dan kan jy gars gebruik maar as dit skaars is gebruik hawer. Daar is ook ander oplossings in ons lede program.
Ons koop dan Gars of Hawer teen so R5000 per ton en produseer daarmee groenvoer. Jy kan dit netso vir jou lammers gee. Vir die ooie gee ons ook goedkoop oes reste of soortgelyke items met lek. Jy kan dus nou in die somer groen weiding gee en in die winter en lengte groenvoer.
Ook kan jy in die maer jare binne 5 tot 7 dae jou eie Hidroponiese Groenvoer produseer. Die kwart en halwe sade wat nie ontkiem nie is idiaal as graan byvoeding en hoef jy nie nog graan te gee nie. Niks stop jou egter om ander tiepe voere by te voeg nie.
Jy is dus nou vloeibaar en kan planne beraam om baie meer konstant te voer asook om kostes laag te hou. Jy kan goedkoper grade graan en voer koop soos beskikbaar en dan dit benut in die maer jare of slegte tye van die jaar.
Ook baie handig vir mense wat nie groot gronde het nie en JY HET GLAD NIE BAIE WATER NODIG NIE. Net om jou ‘n gevoel te gee gebruik ons so 700 liter per dag teenoor besproei van 10 000 liter per dag. Sommige mense besproei dit per uur.
Opsomming: Hidroponiese Groenvoer vergelyk met ander voere
Ons is nou al heelwat meer as 300 Boere wat kennis deel in ons lede program wat nou beslis nie net oor my boerdery gaan nie. Gelukkig nou nog net een man wat gekla het oor die R900 wat hy my betaal het. Eenmalig betaal maar ons deel en dateer ons program gereeld op.
Ek poog nou vandag om ons nuwe lede in te lig oor die metodes en hoe hulle kan spaar. Skoolgeld wat letterlik miljoene kan beloop. Wil jy regtig nou nog kla oor die R900.
In my eie boerdery is ek ook besig met nuwe planne en alternatiewe wat ek nou nie hier gaan bespreek nie want die program handel vandag oor Hidroponiese Groenvoer.
As jy meer inligting benodig om jou eie Hidroponiese Groenvoer stelsel te bou en te produseer kan jy aansluit hier: https://affiliatebank.net/afr https://affiliatebank.net/afr
Of lees hier meer oor Hidroponiese groenvoer: https://landbou.stigting.co.za/groenvoer-selfdoen-metode/