Hidroponiese groenvoer

Wat is hidroponiese groenvoer?

Hiroponiese groenvoer beteken in eenvoudige taal Hidro – water waarmee plante gegroei word. Ponies – klein of dan besproeing op klein skaal.  Dus geen grond aanplantings want dit is baie duur. Ons groei dus plante net met water en “medisyne”.

Die medisyne in die hidroponiese groenvoer verwys bloot na byvoegings om siektes soos swamme te voorkom. Die hele idee is om gesonde plante soos groente, kruie of veevoer te kweek deur slegs van water gebruik te maak. Ons gaan egter nou konsentreer op veevoer.

hidroponiese groenvoer

Hoe werk die hidroponiese groenvoer?

As jy garsssaad oes en vir skape en beeste gee sal die diere heelwaarskynlik vrek van honger of iets soos suurpens. Die skape of beeste is bloot nie deur God geskape om saad of graan te eet nie. Ons kan dit dus bloot as bymiddel gee om groei of oorlewing te bevorder.

Wat ons nou gaan doen is om bloot die sade te laat ontkiem en dit dan vir beeste of skape te gee. Jy kan die tiepe groenvoer dus vergelyk met groen gras en nie met mielies of graan nie.

Ons volg ‘n proses van 8 dae waar die gars of hawer eers in emmers water geplaas word sodat dit vog absorbeer vir een dag. Daarna word een kilogram per bak gegooi. Die hidroponiese groenvoer proses hou dan aan vir nog 7 dae. Tydens die 7 dae  word dit met fyn sproei benat teen 1 minuut per uur. Verkieslik moet die tonnel bedags teen 28 grade gehou word.

 

groenvoer

Na die totaal van 8 dae word die hidroponiese groenvoer vir die beeste en skape gegee om te eet. Al wat jy byvoeg is ‘n lek. Die lek sal ons later weer bekyk om dit as spesiale mengsel  saam met die groenvoer te gee om tekorte aan te vul.

Opsommend kan ons nou die saak so sien. Ons groei een kilogram per bak met water en mis-sproei om tot 7 kilogram hidroponiese groenvoer te produseer. Totaal neem dit 8 dae. Om elke dag dus so 23 beeste of 150 skape te voer herhaal ons die proses elke dag met 50 kg gars of hawer.

Hoekom gars of hawer? Die groot rede is temperatuur. As die temperatuur wissel soos na zero grade of kouer in die winter sal die gars en hawer nie soos mielies vrek nie. Ander items soos koring en kanola moet nog bloot bestudeer word.

Voedingswaarde van hidroponiese groenvoer:

Gars spruite bevat 369.00 kalorie (gars spruite – 100g)
– 46.60 g koolhidrate  (gars spruite – 100g)
– 7.60 g vet  (gars spruite – 100g)
– 28.60 g protien(gars spruite – 100g) Spruite bevat tot 30% protein.

Minerale

– 284.00 mg kalsium (gars spruite – Food 100g)
– 7.30 mg yster (gars spruite – Food 100g)
– 0.00 mg magnesium (gars spruite – Food 100g)
– 775.00 mg fosfor (gars spruite – Food 100g) LET WEL
– 0.00 mg kalium (gars spruite – Food 100g)
– 0.00 mg natrium (gars spruite – Food 100g)

NS. Die 0.00 bevat minerale maar die hoeveelheid kon nie bevestig word nie.

Vitamiene

0.10 mg vitamien A (gars spruite-100g)

1.00 mg vitamien B1(gars spruite -100g)                                                             3.00  mg vitamien C /100g
14.00 mg vitamien E /100g

Die voedingswaarde is oorsee bepaal en mag van plaaslike omstandighede verskil.

Let op: Moenie die voer met droe materiaal vergelyk nie. Jy kan dit wel met nat/groengras vergelyk. Soos ek die dieetkundige vra; Hoekom gee my melk beeste elke jaar meer melk sodra die gras groen word? Die melkmeel is dan perfek geformuleer. Die beste antwoord was dat jy nie groengras kan wen nie. Netso, kan jy nie groenvoer wen met graan nie want die verteerbaarheid is net soveel beter.

Die hidroponiese groenvoer word ook vir hoenders, varke, perde en wild gegee.

Nou as jy soos meeste Boere is dan wil jy self die hidroponiese groenvoer aanpak. Self die toerusting maak of net die nodigste koop. Ons gaan dit in ‘n e-pos program bespreek en die detail daar doen om die beste raad, stelsels en voordele te bepaal. Om aan te sluit kos tans geld maar in vergelyking met die R86 000 tot R91 000 wat so stelsel kos is ons kostes om jou te help om jou eie ontwikkeling te doen bykans niks. Die prys mag aangepas word maar is tans net R900 vir al die planne.

Ons het ook ‘n sonkrag stelsel wat ons tans ontwikkel sodat ons pomp koste tot niet kan maak.

Vir al die inligting, voorkoming van foute wat jou baie skoolgeld kan kos, is ons program uitstekend. Ons gaan ook lusernbome insluit. Waar kry jy bloedneus en hoe jy jou plaas se drakrag kan vergroot is maar net die begin. Melkbeeste, kalwers, varke en tot hoenders word ingesluit. Ja tot jou perde en wild.

Lees verder hier: Groenvoer vervolg en verbeter

Gaan kyk hier na ons groenvoer en lusernboom stelsels: //affiliatebank.net/afr

100 antwoorde op “Hidroponiese groenvoer”

Ons het probleme met die Hawens en kommunikasie met Kanada. Uitvoere word erg benadeel.
Ons webwerf kommunikasie sal binne kort reg wees. Probeer weer so na ‘n week asseblief.

Ons het probleme met die Hawens en kommunikasie met Kanada. Uitvoere word erg benadeel.
Ons webwerf kommunikasie sal binne kort reg wees. Probeer weer so na ‘n week asseblief.

Johan, Die kort antwoord is nee. Daar is wel mense wat dit net as noodvoer gebruik.

Ons het epos aan jou gestuur. Tans is daar 19 eposse in ‘n reeks. Dit sluit pdf dokumente in asook verskillende Boere se bydrae om jou eie stelsel te bou. Daarna kyk ons hoe die Hidroponiese Groenvoer Boere verbeterings doen aan hulle boerdery.
Dit kos eenmalig R900 om aan te sluit en jy kan met jou eie bank betaal.
Groetnis
Admin

Ons het probleme met die Hawens en kommunikasie met Kanada. Uitvoere word erg benadeel.
Ons webwerf kommunikasie sal binne kort reg wees. Probeer weer so na ‘n week asseblief.

Hi… X n jong opkomende boer in d boesmanland op meentgrond, waar d veld maar droog n kaal is n wil graag inligting he oor d hidroponiese groenvoer stelsel…. HELP ASSEBLIEF..

Hallo
Wil graag inligting kry oor hidroponiese gars.
Stuur asb meer besonderhede asook bankbesonderhede.
Het jul ook inligting van gars verskaffers, ruvoer saam met groenvoer ens.
Dankie

Hallo Pieter,
Al die inligting van verskeie Boere wat reeds lank boer met Hidroponiese Groenvoer is saamgevat in ‘n reeks PDF dokumente.
Al die dokumente sal outomaties aan jou gepos word per epos sodra jy lid is. Dit is baie volledig en ons kry baie min navrae, maar jy kan vra as daar nog iets is wat jy wil weet. Werk net eers deur al die epos. Daar is tans 18 van dit.
Jy kan sonkrag gebruik en ons hanteer alles van die bou van die stelsel, die produseer en ook hoe om dit prakties in jou boerdery toe te pas. Daarna kyk ons hoe dit verbeter kan word.

Alternatiewe vir gars word bespreek asook ander voere wat jy saam kan gee.

Betaling is eenmalig R900 en jy kan met jou eie bank betaal aan:
Stigting
ABSA Spaar rekening: 9179255773
Plaas net jou naam by verwysing
Enige probleme en jy skryf net weer aan my. ek het ook vir jou epos gestuur.

Groetnis
Deon

Goeiedag
Ek is n stadsjapie wat graag wil gaan boer in die Noord Kaap. Ek kyk na boerbokke en bees. Ek stel baie belang in hierdie hidroponiese stelsel.
Ek sal graag meer inligting wil hê, en soveel raad as wat hier te gee is.

Groete Johanette

Hallo Stadsjapie,
Dankie vir jou navraag. Inderdaad moet jy baie goeie raad kry en ook hoe om ‘n sukses te maak van jou boerdery. Die Noord-kaap is droog en weiding kan vining opraak. Dit laat jou in die moeilikheid.

Ons het twee lede programme waarvan jy kan lid word. In hierdie programme bespreek ons boerdery. Die een is skape en bokke. Die ander een is Hidroponiese groenvoer.

Wat ek aanbeveel is dat jy lid word van elke groep. Dit kos eenmalig R900 elk. Of jy kan kies. Belangrik is om nie foute te maak nie wat jou duisende kan kos. Een so fout het ons Dertig duisend rand gekos.

Lig jouself eerstens goed in. Hierdie programme begin by beginners en eindig by professionele boerderye. Die begin is reeds in pdf formaat en word aan jou gestuur per epos sodra jy lid is.

Jy kan hier aansluit: https://affiliatebank.net/afr

Betaal aan Stigting
ABSA spaar rekening nommer 9179255773
Plaas net jou naam by verwysing.

Dan ook, Skryf aan my as jy enige probleme ondervind.

Groetnis
Deon

Coenie en Jan, het epos gestuur na julle. Let op dat ons kyk nie alleen na Hidroponiese groenvoer maar ook na ander voer metodes om jou boerdery meer winsgewend te maak. Ons vorm ‘n groep waar ons inligting deel om sodoende beter te doen as ander.

Hallo Kobus,
dankie dat jy laat weet het. Ons vra omverskoning.

Dankie dat jy aangesluit het. Ons het ook epos vir jou gestuur.

Hallo Danie,
Dankie dat jy aangesluit het as lid. Jy is lid nommer 432. Ons oogmerk nou is 500 lede.

Boer in Worcester, het n hidroponiese instap kas met n 3 ton / dag potentiaal. As ek lid is kry ek kontak nr. van ander lede om raad te vraag en proewe te vergelyk ? Daar’s baie dinge om te deel ?
Soek die bankbesonderhede?

Hier is die epos,
Hallo Luther,

Dis goed dat jy reeds ‘n kas het. Dan kan jy maar net die eerste gedeelte oorslaan van hoe om ‘n kas te bou.

Ons gaan voort oor hoe om die groenvoer te kweek. Van die lede wat reeds aangesluit het, het probeer kweek maar met klomp swamme wat diere kan laat vrek. Vir die doel is dit noodsaaklik dat jy eers al die dokumentasie moet ontvang.

Daarna gaan ons voort oor hoe jy kan verbeter en hoe om die groenvoer prakties toe te pas in jou boerdery. As jy alle pdf dokumentasie deurgewerk het kan jy vir my vrae vra.

Ek kry tans baie min vrae want die meeste vrae is reeds geantwoord. Nogtans kan jy vra. Ek is die skakel tussen jou en die ander lede.

Ons het voorheen mense gehad wat jy kon besoek maar dit is gestaak. Te gevaarlik en te veel probleme. Jy weet nie wie jy besoek of wie jou besoek nie.

Om aan te sluit kos eenmalig R900. Dan sal al die dokumentsie per epos aan jou gestuur word. Outomaties.

Jy kan met jou eie bank betaal aan:

Stigting
ABSA Spaar rekening 9179255773
Takkode 632005
Plaas net jou naam by verwysing.

Daarna sal ek jou verder help om te registreer. Enige probleme en jy skryf net aan my deur hier te “reply”. Ek beantwoord alle epos binne 2 dae.

Groetnis
Deon

Dankie Gert dat jy by ons skape en bokke lede program aangesluit het.

So boer ons mos vorentoe. Soos wenners.
Jou lidmaatskap is reeds geregistreer en jy sal vandag nog begin om jou dokumente te ontvang.

Voorspoed en praat net as jy probleme ondervind.
Groetnis

Hallo Andre, ek het aan jou epos gestuur as volg:
Hallo Andre,

Jy ia baie welkom. Daar het in Julie maand alleen 7 nuwe mense aangesluit. Dit kos eenmalig R900 wat jy met jou eie bank kan betaal aan:

Stigting
ABSA spaar rekening 9179255773
Takkode 632005
Plaas net jou naam by verwysing

Daarna sal ek jou verder help. Enige probleme en jy “reply” net op hierdie epos.

Groetnis
Deon

Hi. Ek stel baie belang in julle hidroponiese groenvoerstelsel program,maar alles klink te maklik. Hoekom is daar so min mense wat van die stelsel gebruikmaak en volgens julle kan boere baie kostes spaar op voer. Kan julle vir my kontaknommers gee van boere wat deel van die program is,sodat ek by hulle kan hoor. Weens die baie bedrog in ons land wil ek nie onnodige geld betaal aan boewe wat jou op alle slunkse wyse van jou geld wil beroof nie. Ek hoor graag van u, Malcolm Temmers van Elim in die Overberg

Dankie vir jou navraag. Ek besef deeglik van die die skelms in Suid Afrika. Soveel so dat ons die program verskuif het na Kanada sodat die skelm regering nie kan politieke mag op ons uitoefen nie.

Ek antwoord ook mense se vrae juis omdat die twyfel van wie eerlik is so bitter moeilik is. Verder beskerm ons ook ons lede deur glad nie jou of enige ander lid se inligting bekend te maak nie.

Wat Hidroponiese groenvoer betref is die stelsel Baie effektief in die buiteland soos Australia. Ons stigting program is spesifiek ontwikkel om ons mense te wys hoe om jou eie stelsel te bou. Eenmalig teen R900 is ons tarief.

So gekoopte stelsel kos R350 000. Dit beskou ek as geld mors. Ons mense bou hul eie stelsel tussen R30 000 tot R50 000. Neem in ag dat jy dalk reeds oor items beskik soos ‘n afdak of stoor. Water tenks en toegeruste boorgat.

Ek moet opsom. Ek kan nie alles vir elkeen herskryf nie. Daar is tans 18 eposse met PDF dokumente wat alles beskryf. Dit word outomaties aan jou gestuur sodra jy lid is. My raad is kry dit eers voor jy groot geld mors sodat jy eers kan sien wat dit alles behels.

Om aan te sluit gaan hier: https://affiliatebank.net/afr en koop die Hidroponiese groenvoer program. As jy enigsins sukkel skryf weer aan my by administrasie@stigting.co.za. Ek antwoord alle epos binne 2 dae.

Groetnis
Deon

Goeie Dag,ek wil weet of daar al iemand is wat n 1500 ooie op die manier boer.Ek wil graag aansluit en sal graag met iemand wil praat wat reeds n lid is.Groete Zak Fourie (Petrusburg)

Hallo Gene, Gee so dag kans vir betaling om te verskyn dan sal jy begin epos ontvang. Daar is ‘n hele reeks en as jy enige probleme ondervind skryf aan my by administrasie@stigting.co.za
Ek kan met trots vertel dat niemand wat betaal het nog ooit teleurgestel was of nie sy goed ontvang het nie. Almal met probleme is suksesvol opgelos.

Ek is NIhan Zandberg. Bly in Colesberg Noord Kaap.
Ek will graag meer weet omtrent die hidroponiese intensiewe skaapboerdery. Kan u my laat weet hoe sluit ek aan as lid,sodat ek die inligting kan bekom. Groete

Nihan die eerste is om R900 eenmalig te betaal met jou eie bank aan: Stigting ABSA Spaarrekening nommer: 9179255773 takkode 632005
Plaas jou naam by verwysing.

Dan sal ek sms kry van ABSA wat betaling bevestig.
Sodra jy lid is sal jy al die pdf dokumente per epos ontvang.
Groetnis
Deon

Dankie Hendrik, Ons stuur vir jou epos hoe om aan te sluit by die Hidroponiese Groenvoer groep.

Willem,
Daar is ‘n hele program vir beginners van die begin waar jy jou eie stelsel kan bou tot waar ons die produksie op die beste metode ontwikkel. Lede geld is eenmalig R900 en dan is jy deel van die ervare groep om inligting te deel en vrae te vra. Ons gebruik affiliatebank waar jy kan aansluit en betaal met jou eie bank. Gaan hier:

Dagse Manne

Ek stel graag belang in hierdie concept.

Stuur asb vmy inligting oor hoe julle te werke gaan en waar ek kan betaal.

Goeie dag.
Ons boer in dieKarasberge Namibië en hetdie laaste paar jaar baie min reen gekry
Ek het nou al heelwat geskrifte op die internet gelees tov groenvoer met garssaad.

Sou baie graag by julle wil aansluit en inligting in die verband bekom
baie dankie

Hallo Frik,
Jy kan aan ons skryf by administrasie@stigting.co.za oor hoe om jou eie stelsel te bou op die selfdoen metode.
Om aan te sluit gebruik ons affiliatebank.net en jy kan met jou eie bank betaal. Gaan hier:

Groetnis
Administrasie

Ons sal julle ook per epos antwoord. administrasie@stigting.co.za Dankie dat julle aangesluit het as lede. Mike ons verkoop nie gars maar jy kan ook ander produkte gebruik soos, hawer, winter koring en lupiene. Kyk in jou lede program vir meer detail.

Het hidroponies by ‘n boer in Douglas gesien en stel belang. Het ook met ‘n weikundige gesels.

Hallo Jurgens,

Ons het ‘n groep gestig om jou eie stelsel te kan bou. Daar is soveel vals inligting dat ek nie tyd daarop wil mors nie.

Veral mense wat klein gronde het kan dit baie effektief benut saam met net 10% goedkoop voer soos gras of oesreste. Ons het mense wat R70 000 maak op net 4 hektaar. Jy hoef nie die wiel te ontwerp nie maar kan bloot ander se sukses navolg.

Kortliks kom dit daarop neer dat beeste en skape geskep is om groenvoer te vreet. As jy te veel graan gee kry hulle suurpens en vrek. Daarom gebruik mense groenvoer om hulle diere gesond te hou. In die lede groep Is alle inligting teen net R900. As jy dan enigsins vashaak kan jy net vra. Gaan hier as jy wil aansluit: https://affiliatebank.net/afr

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.