Baal van voer.
So dikwels sien ons dat mense verkeerd of swak baal. Alhoewel daar verskil in materiaal is, is die basis maar dieselfde en gaan ons kyk hoe om gras te baal. Die eerste oor voer of dan nou gras is om die voedings waarde te behou. As jy jou baal oopmaak moet die gras nog groen wees en ook nie gemuf nie.
1. Hoe beter kunsmis of kompos jy gegee het hoe groener die gras. Dit moet so donker of blou/groen kleur wees voor jy sny. Goeie voeding gee dus goeie voer. Jy wil nie baie voer baal nie maar baie voedingswaarde. Bv. As jy dekgras baal wat hard is sal die beeste dit nie eers wil eet nie. Boonop is daar geen voedingswaarde nie.
2. Sny en baal voor die gras saad maak. Vir die somer reenval streek so Desember en Januarie. Jy kan dan weer so Maart baal om die hergroei te benut. Daarna mors jy net geld want dan baal jy weer voer sonder voedingswaarde.
3. Pasop vir te nat toestande. Nadat dit gereen het moet jy eers wag vir droe warm dae. Anders gaan jy nie die voer droog kry en sal dit in die baal muf.
4. Maak jou snyer elke dag skerp en begin vroeg in die more te sny. Jy moet maar die revolusies hoog hou want die snyers soek maar na spoed om die gras te sny. Die snyer moet ook die voer oopgooi en nie op ‘n ry nie. Dit moet dus gou kan droog word.
5. Vir gras gebruik die meeste mense die bossiekapper tiepe snyer omdat dit die stingels kneus. Dit help om gouer droog te word. Sny net tot so 10 uur soggens en laat die gras droog word.
6. So teen 3 uur die middag laat jy een trekker hark terwyl die volgende een baal. Jy moet alles wat jy die oggend gesny het voor die aand klaar baal.
7. Berg soos wat jy kan die voer onder dak of in ‘n miet vorm met ‘n seil oor. Probeer dit so dig moontlik pak om die son, reen en wind uit te hou. Dit help om jou voeding stowwe te beskerm sodat dit nie verlore gaan nie.
8. Ondervinding. Ja dit help altyd en mens het dit maar nodig om goed te baal. Wat help is om ‘n paar dae nadat jy gebaal het jou hand in die baal te steek. As dit vogtig en warm voel is die plantvog te hoog en gaan jou voer muf.
9. As die reen jou onverwags betrap moet mens maar die beste van ‘n slegte saak maak. Hark wanneer droog en wag weer nadat jy gehark het om die onderste vog te laat droog word. Hoe langer jy moet wag hoe swakker jou voer.
Voer – Belangrik:
As jy die voer tydens of na die winter vir die vee gee moet jy kyk dat dit nie gemuf is en ook nog groen is. Dan weet jy, jy het puik kwaliteit voer gebaal.
Wenk; Terwyl die gras kort is moet jy die klippe verwyder. Veral as jy langs die paaie baal moet jy poog om items soos bottels, blikke en plastiek te verwyder voor jy sny en daarna.
Veral vir droogte tye is dit slim om voer soos kanola vir die winter te plant en ekstra te baal waar jy kan. As jy sukkel met bossies is dit raadsaam om te spuit vroeg in die seisoen sodat mens die probleem vroegtydig voorkom.
Groetnis
Deon.
Lees ook meer oor die nuutste nuus van die ontwikkeling streek hier: