Speenkalf pryse, skaap pryse. Lewendig.
Pryse is onder toe
Speenkalf pryse Februarie 2026
Waar is die entstof? Hier is fokol. Ons het gehoor op RSG en die sosiale media dat Januarie gaan ons 2 miljoen dosisse entstof kry. Waar is dit?
Met groot brawada kondig die Minister aan dat in die eerste week van Februarie gaan ons entstof kry. Ons het niks. zero. Nee, ons het fokol.
Die onbevoegde staat wat aan vertraagde reaksie lei, het ons gesien by Eskom, Poskantoor, Spoorwee, Hawens, SAL en noem maar op. Die staat met die Minister en al kan nie aan ons entstof verskaf nie.
Dan wil hulle nog baklei oor wie dit moet toedien, wat toedien? Ons soek tussen 28 en 42 miljoen dosisse binne 6 maande. Die hoeveelheid hang af van die kwaliteit. Na 6 maande moet ons alweer ent want dan kan die virus van vooraf begin versprei.
Ons eie onbeproefde entstof gaan hulle in Februarie begin vervaardig. Gaan dit ooit werk want volgens inligting is dit nog net in die labaratorium getoets en nog nooit op skaal uitgerol nie. Dit is maar 20 000 per week en daar is 14 miljoen beeste.
Dit laat die vraag, kan die Landbou homself red? Ons in die landbou sal moet organiseer om ons self te red en ophou wag op die patetiese regering. Wanneer gaan die regering ons uitvoere red as hulle nie eers vir ons entstof kan verskaf nie.
Watter Boer het 10 jaar tyd vir die Minister se 10 jaar plan?
Speenkalf pryse – Gauteng, Noordwes en Vrystaat
Speenkalf pryse

Sonder BTW. Gemiddelde prys. Goeie Vleis beeste soos Bonsmara behaal beter pryse as die gemiddeld.
Pryse per kg op die hoef:Gemid. Markwaarde Tans – Beste pryse
- Speenkalwers onder 200kg_____________R41.00 – R44.00
- Speenkalwers 200 tot 280kg____________R41.50 – R45.00
- Speenkalwers bo 280kg________________R40,00 – R42.00 . .
- A graad_________________________ ___R38.50 – R39,40
- B graad_____________________________R24.80 – R26,00
- C0/C1 graad_________________________ R24.00 – R25,50
- C2/C3 graad__________________________R30,50 – R32,50
- Bulle___(vet)__________________________R33,50 – R 34,00
- * A2 en AB2 grade se karkas pryse bly goed en kan toegeskryf word aan Bek en Klouseer. C grade is stabiel.
Skaap en Bok:
____________________________________Gemiddeld – Beste
- Stoorlam____________________________R50.00 – R53.00
- Slaglam_____________________________R49.55 – R53.50
- Maer ooie___________________________R35.00 – R41.50
- Vet ooie_____________________________R36.00 – R40.70
- Boklam_____________________________R53.00 – R55.00
- Bokooie_____________________________R50.50 – R53.00
Hou BEE uit die landbou.
Die minister van landbou en sy “baas” het die land omskep in die mees rassistiese land in die wereld. Dis nie net die SAL. ESKOM, spoorwee, hawens, poskantoor, plaaslike regerings en wat ook nog deur hulle BEE vernietig is nie.
Dit is ook Onderstepoort. Ons moet nou entstof invoer vanaf Botswana vir bek en klouseer.
Ons uitvoere is gestaak. Wil hulle nou ook ons Vleisboere vernietig?
Of, moet ons nou almal Amerika toe? Hulle lieg nie net oor plaasmoorde nie maar sal die minister en President nou saamwerk om ons te vernietig?
Hoekom maak ANC wette om jou grond te steel as hulle dit nie wil doen nie?
Iemand is duidelik stupid of hulle dink net ander is stupid. Die DA het groot geblaf maar as die baas(Ramaphosa) praat dan hoor jy net “askies my kroon?”
Elon Musk maak een punt ” BEE is die probleem”. Hy is reg. Pasop ANC as Trump praat en AGOA kanseleer dan val daar 2.3 miljoen werk geleenthede.
Boere steun nie sanksies nie. Jou land se regering kan egter nie rasisties wees, Amerikaners besteel en dan nog Amerikaners se steun vra nie.
Hierdie goed gaan uitbrei na Europa. As Suid-Afrika nie kan uitvoer nie gaan dit die ekonomie so harde klap gee dat die ANC dit nie sal oorleef nie.
Boere sal egter tien keer harder moet veg vir uitvoere om te oorleef. Moenie staat maak op die ANC nie. Dis nou ‘n geveg vir oorlewing van ons Boere.
Vir meer oor die stigting gaan hier: https://stigting.co.za
Vir meer oor landbou gaan hier: https://landbou.stigting.co.za
9 antwoorde op “Speenkalf Pryse, Gelieg oor bek-en klouseer”
Wat is die rede dat rooivleis nou so skerp styg vir die verbruiker,
die slagpale sê daar is nie slag goed beskikbaar nie, is dit agv. van Bek en Klouseer wat die verbruiker nou moet opdok.
Daar is duisende beeste wat nie geslag kan word weens Bek en Klouseer. Die aglope twee jaar was pryse so onderdruk dat voerkrale nie kon produseer nie. Dit het nou ‘n verdere vraag laat ontstaan na rooivleis.
Voerkrale kan nie uitvoer nie en stort nou alles op die plaaslike mark. Die mark stort nou in duie en pryse val soos ‘n klip.
hoe kry ek dit reg omdirekte by karanbeef kan virkoop
Karan beef het hulle eie agente wat koop. Jy kan by hulle navraag doen maar daar is minimum getalle.
Speenkalf pryse is nou laag en dus n goeie kopers mark maar wat voorspel julle vorentoe corona in ag geneem.
Pryse is altyd laag met die begin van die winter maande. Dit is weens baie speenkalwers wat jaarliks voor die winter gespeen word en het niks te doen met die Corona virus nie. Pryse draai teen Junie / Julie en sal dan weer styg.
Daar is twee vername negatiewe faktore wat Boere baie negatief gaan raak. Weinig tot niks word gedoen oor uitvoere. Australia benut die markte baie beter. Selfs Namibia doen baie beter as Suid Afrika.
Die ander faktor is diefstal. Die polisie sleep voete en die wat nie saam steel, kla saam. Die handjie vol Polisie wat probeer voel magteloos want hulle kry nie steun, maar eerder teenstand. Dit gaan Boere hard slaan en groot verliese veroorsaak.
Wil graag meet uitvind oor di produksie van groenvoer met Hidroponiese stelsel
Hallo Johann,
Al die inligting van verskeie Boere wat reeds lank boer met Hidroponiese Groenvoer is saamgevat in ‘n reeks PDF dokumente.
Al die dokumente sal outomaties aan jou gepos word per epos sodra jy lid is. Dit is baie volledig en ons kry baie min navrae, maar jy kan vra as daar nog iets is wat jy wil weet. Werk net eers deur al die epos. Daar is tans 18 van dit.
Jy kan sonkrag gebruik en ons hanteer alles van die bou van die stelsel, die produseer en ook hoe om dit prakties in jou boerdery toe te pas. Daarna kyk ons hoe dit verbeter kan word.
Betaling is eenmalig R900 en jy kan met jou eie bank betaal aan:
Stigting
ABSA Spaar rekening: 9179255773
Plaas net jou naam by verwysing
Enige probleme en jy skryf net weer aan my. ek het ook vir jou epos gestuur.
Groetnis
Deon