Vaaldriehoek

In die Vaaldriehoek kyk ons na Vanderbijlpark, Sasolburg, Heilbron en Koppies area.

Koppiesdam is ‘n hartseer saak want die voordeel van Boere is ontneem. Ons hoop Boere sal in die toekoms meer nut van die dam kry.

sorghum2

Sorghum is goed droogte bestand en met die regte grondbewerking en kultivars kan daar gepoog word om wins te maak in droogte tye. Ons verwag droogte vanaf 2014 en 2015. Dit kan tot tien jaar duur maar ons vertrou op eerder korter. Die einde kan ons sien namate ons vorder.

Lees ook onder die Kroonstad area want meer kennis kan jou nie kwaad doen nie.

Kry werk vir ons mense.

Die area is egter geseen met fabrieke wat nog werk sal verskaf. Dit gaan nie jou Boerdery help nie maar kan vir jou ekstra inkomste gee as jy of jou kinders kan werk kry by die groter sentra. Probeer om vir jou broer en buurman ook te help en maak ‘n span poging om die droogte te oorleef.

Neem kennis dat daar dikwels mense as kontrakteurs benodig word. Kyk waar en hoe kan jy deelneem. Werk in groepe of spanne saam en lewer dienste waar daar behoeftes mag wees. Doen gerus navraag by aankopers, kontrak beamptes en sakekamers.

Vaaldam in die Vaaldriehoek

Al is daar weinig Boere wat besproei uit die dam kan dit tog ‘n voordeel inhou tydens droogte tye. Ook stroom af, kan die water beter en meer benut word. Dit is dan ook ons wens en hoop dat dit beter benut sal word. Die water regte en stelsels sal ook in die toekoms verder uitgebrei word.

vaaldam

Die Vaaldriehoek bied goeie boerdery en fabriek eienskappe en is ‘n uitstekende provinsie waar met verskeidenheid gewasse geboer kan word. Dit is ook naby aan ‘n groot mark waar kos meer doeltreffend en meer direk bemark kan word.

Oranjeville en toerisme

vaaldriehoek

Deneysville en die Barrage waar die vaalrivier opgedam is bied reeds veskeidenheid toerisme geleenthede. Die brug by Oranjeville gaan gesluit word en die dorp gaan dan uitsluitlik vir toerisme ontwikkel word.

vaaldriehoek

Tans is die Oranjeville meer vir landbou maar Boere en dorpenaars kan saamwerk om van die dorp ‘n uitstekende oord te maak sodat baie meer toerisme die dorp sal laat ontwikkel. Oranjeville kan die gewildste bestemming in die Vaaldriehoek word mits die geriewe en plantegroei ontwikkel word.

Dan is daar ook die reservaat by Koppiesdam wat vir toerisme verder ontwikkel gaan word. Die Vaaldriehoek is dus nie so vaal as wat mense dink nie.

Wild en besproeing in Vanderbijlpark.

Hier kan ook baie verbeter word en meer dierekos kan verbou word. Die wild-Boere kan saam met die Koepel ontwikkel in toerisme, jag en teel van wild.

Deel jou sukses en idee’s met die SAAI Stigting en sluit gratis aan; //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.