speenkalwers

Speenkalwers

Met die kwynende mark van graan gevoerde beeste kyk ons na hoe nou gemaak. Die EU het ook 2 vereistes waaraan ons in die toekoms moet voldoen. Die eerste is dat enige karkas moet terug verwys kan word na die Boer wat die dier gevoer het asook die slagpale (of abatoir).

Die ander vereiste is dat die dier deur ‘n natuurlike proses moet gaan sonder mishandeling soos brand van horings en brandmerke. Dit sluit in geen antibiotika, “steroids”, GM, of soortgelyke middels in die vleis.

Die natuurlike proses is dan ook “groen” gras, winter aanplantings of groen gebaalde gras. Die punt hier is dat ‘n bees is geskape met pense om hoofsaaklik gras om te skakel in voedingswaarde. Die plaaslike mark is dan ook oorgehaal om oor te skakel na die natuurlike “groen” vleis en sal daar geproduseer moet word volgens die klient se vereistes.

Speenkalwers met sagtevleis vanaf die veld.

Beesras.

Ek gaan nie alle rasse bespreek nie maar slegs 3 wat baie gebruik word. Elke Boer moet maar sy eie saak beplan met die nodige inligting. As jy die Brahmaan laat oorleef in swak ekstensiewe toestande sit jy met vleis wat hop soos ‘n stuk rubber. Die Brahmaan is egter so gehard dat hy sal oorleef selfs al is dit net vel en been op daardie lyf. Baie gewild maar by die voerkraal grom hulle vir jou as jy daar aankom met speenkalwers.

speenkalwers X

Dan vat die mense nou die Angus wat weer sal vrek in ekstensiewe toestande. Hulle kruis dit met die Brahmaan en jy sit met ‘n pragtige karkas. Die Angus is baie gewild in die voerkraal. (Pas jou Angus bulle mooi op anders gaan hulle vrek)

Nou moet jy egter of voortgaan daarmee of oorskakel na ‘n ras wat meer geskik is om direk van die veld te bemark. Hier gebruik die meeste mense die Bonsmara wat reeds ontwikkel is. Gehard in ekstensiewe toestande maar ook goeie groei as speenkalwers met sagte vleis.

speenkalwers Bonsmara

Jy moet egter nou voortgaan om jou vleis mark gereed te kry en daarvoor is nog aanpassings nodig.

Klein kampies.

Wanneer jy speen plaas jy die kalf oor na ‘n klein kampie van hoogstens 5 Ha. Die kampie moet ryk wees aan kos en dit is raadsaam om die kampie voor te berei met kunsmis en/of aangeplante weiding soos Smutsvinger.

Die regte lek vir groen gras en optimale groei. Ontwurm die kalf op 3 maande en weer tydens speen. Gebruik slegs natuurlike groeistimulante en volg die vervaardiger se instruksies noukeurig.

Jy kan ook nie diere laat slag wat siek is of wat gespuit is met antibiotika want nou is jy direk verantwoordelik en geen kanse kan gevat word nie.

Wintermaande.

Die kapenaars is reeds ver voor met groen weiding soos Kanola. Die res van ons sal nou vinnig moet leer en aanpas. Dit kan egter baie ekonomies gedoen word. As alternatief is daar groen gebaalde gras. Die baal moet binne-in nog groen wees. Sien baal van voer op die bladsye bo-aan. In die geval waar bale gebruik word moet die kampies nog kleiner wees soos 1/4 Ha en kleiner. Die idee is dat die bees hetsy kalf of koei moet min loop. Water moet ook in alle gevalle naby wees.

Omdat lusern baie duur geword het is dit noodsaaklik om na alternatiewe te kyk. Eragrostis wat goed bemes is, is baie goed om te baal maar weer glad nie goed as staande hooi nie. Tef is ook baie goed. Normaalweg kan mens gaan tot Mei op gras maar daarvandaan tot Oktober is dit of Kanola of voer met groen droe bale.

Ou koeie en speenkalwers.

Moenie te laat wag met ou koeie sodat hulle nie meer tande het nie. As jy uitskot kan jy dit saam met die speenkalwers sit in die kampies want dit help om die speenkalwers kalm te hou. Graad C koeie bly gewild vir die maak van wors en vet kan bygevoeg word as die koei maer is.

Speenkalwers wil mens poog om of A3 of AB3 te produseer. In ‘n makliker taal beteken dit sagte vet vleis.

Pryse

In 2013 praat ons van R3 000 wat jy behoort te kry vir jou speenkalf gelewer aan die voerkrale en R6 000 vir jou afgeronde kalf of bees. Natuurlik hang dit af van die gewig maar dit wys jou dat die waarde basies verdubbel op die natuurlik geproduseerde bees.

Teen 500 kg beteken dit tot R7 500 en op 700 kg tot R11 000 per kop.

Dit kos jou weiding en lek maar omdat die mielies en semels of “chop” so duur geword het gee dit vir Boere ‘n nuwe alternatief vir ‘n groeiende mark.

Finale afronding.

Die laaste maand is kretiek waar die bees min moet loop en kalm gehou moet word. Tydens die laai en vervoer is dit ook belangrik. Gebruik ‘n trok wat toe is aan die kante. Dit help dat die bees kalmer bly as die bees nie kan sien hoe vinnig daar “geloop” word nie.

By die ontvangs krale moet daar water wees. Lopende water is nog beter want dit help om die bees kalm te hou.

Nadat die bees geslag is moet dit 1 tot 2 weke gehou word tussen 2 tot 6 grade alvorens dit bewerk word. Veral vleis wat as heel stukke bemark word soos “steak” en kookvleis moet eers ryp word.

Op die stadium dat dit voorgesit word in ‘n hotel, gastehuis of eetplek kan dit beproef word. Raad kan ook gegee word oor hoe om vleis meer sappig en sag te maak sonder “meat tenderizer” of items wat die smaak benadeel.

Lekker eet! ####

2 Antwoorde op “speenkalwers”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.