Poena verse

Poena verse – Bonsmara (kommersieel)

Poena verse – Agtergrond
Ons het begin om poena’s te teel weens die feit dat Bonsmara’s met horings glad nie so goed vertoon soos die sonder horings. Om horings te brand was nie net vir ons aaklige diere mishandeling nie. Dit mors ook nie net mannekrag maar word ook gebruik om mense te mislei deur voor te gee dat die diere poena is.

poena verse

Omdat die gene poel in Suidelike Afrika so klein is vir natuurlike poena’s het ons besluit om ‘n derde generasie te teel. As die poel te klein is kry ons kleiner diere met stadiger groei. Dit beteken verder dat ons stoet Bonsmara beeste gebruik het en ‘n sterk poena gene (PP) geteel het met die rooi Poenskop gene. So het ons 50% teling gebruik op 100% Bonsmara’s.

Terselfdertyd het andere die Poena geteel uit seleksie van hulle stoet met horings. Vandag bied dit dus 3 gene poele wat totaal van mekaar geskei is en dus kan die drie poele nou gebruik word om die perfekte teling van Poena Bonsmara daar te stel.

Poena bonsmara

Oogmerk
Om Poena Bonsmara’s te teel wat presies dieselfde ras eienskappe het as die met horings. Die kalwers moet klein gebore word en daana vinnig groei. Die beeste moet nie net gehard wees in ekstensiewe toestande nie maar ook oor goeie weerstand beskik.

Die groot verskeidenheid ingevoerde diere van ander rasse oorleef moeilik in ekstensiewe toestande. Hulle vrek makliker aan plaaslike siektes. Die teling moet ook ‘n goeie voerkraal produk daar stel.

Die Bonsmara is gekenmerk as gehard met goeie weerstand wat voortspruit uit die Afrikaner wat wel bekend is in Suid Afrika. Die weerstand moet nie net teen algemene siektes wees nie maar ook teen die plaaslike parasiete wat bosluise insluit.

Hierdie parasiete is dikwels die draers van siektes en dus moet die dier effektief bestand wees sodat chemiese middels tot die absolute minimum beperk word.

Poena verse- Naskrif

Die verse wat in 2016 en 2017  te koop aangebied was is kommersieel en kan met baie goeie resultate met ander Poena Bonsmara’s geteel word. Dit sal ‘n baie goeie nageslag daar stel. Natuurlike Poena’s met die sterk PP gene.

Let wel: Daar bestaan tans nog nie ‘n gerigestreerde stoet teling genootskap vir uitsluitlik Poena Bonsmara nie. Telers kan die nageslag laat toets en indien dit bo 7/8 (87,5%) is mag die kalwers geregistreer word as bloot Bonsmara stoet. Dus nie poena Bonsmara stoet nie.

Tans word die eerstes gebore met die bul uit Sernick se teling en belangstellendes mag nou bestellings plaas vir volgende jaar want die aanbod sal beperk wees.

Skryf aan Deon by deon@stigting.com

Vir meer oor ons groenvoer stelsels onder andere hidroponiese groenvoer gaan hier: https://affiliatebank.net/afr