Welkom area

Droogte, Virginia, Welkom en omgewing

Dubbele teenspoed vir die Goudvelde van die Vrystaat. Goud se waarde as valuta het gedaal en gaan nog verder daal in die volgende klomp jare. In 2013 het dit reeds tot een tiende gedaal en die verwagting is dat dit tot een twintigste gaan daal van die totale uitvoere.

Dit beteken eenvoudig dat as goud al Suid Afrika se invoere in die verlede kon betaal sal dit tans net 1/10 van die invoere kan betaal. Die goudvelde het egter nog nie die effek ten volle gevoel nie.

Terwyl die vakbonde voortduur vir eise en stakings vir meer geld is ons aanbeveling vir die Blanke gemeenskap om hul werk ten alle koste te behou. Dit is raadsaam om bestuur duidelik te laat verstaan dat Blankes bereid is om teen laer salarisse te werk as om afgedank te word.

Sake gemeenskap

Winkels en algemene sake in die streek moet die belt styf trek en onnodige arbeid of onproduktiewe arbeid sny of vervang met mense wat sake kan bevorder.

Munisipaliteite het troumaties verswak en dienste het verswak. Daarmee gepaard het ontwikkeling gestagneer. Om dit om te keer gaan baie moeilik wees en gaan meebring dat sake moet kyk na ‘n groter mark. In die volgende 7 tot 10 jaar gaan sake eerder verswak as verbeter.

Sake wat landswyd kan uitbrei gaan voordeel trek. Uitvoere is ook altyd ‘n wenner. Eienaars moet egter baie uitgawes sny op hul huishoudings en waar moontlik moet hulle die huur verlaag. Dit is beter om laer inkomste te kry as geen inkomste nie.

Verbetering en ontwikkeling in die vars en plaaslike groente en vrugtemark is noodsaaklik. Koop plaaslik en hou op om alles van Gauteng aan te koop. In die toekoms gaan invoere en items uit Gauteng grootliks verbied word. Dit is dus raadsaam om vroegtydig alternatiewe verskaffers op te bou en te ondersteun.

Landbou

Landbou in die streek is voor erge droogte en verg goeie beplanning om te oorleef. Waterbronne gaan opdroog en water gaan skaars raak. Die verwagting is 5 tot 7 jaar. Daarna kan groei koerse van tot 30% moontlik wees.

Boere moet dus eers oorleef en as inkomste uit ander bronne as die normale boerdery verkry kan word, sal dit aangegryp moet word. Sny daai uitgawes soos Eskom en arbeid dadelik en moenie dink dit sal volgende jaar verbeter nie. Maak nou eerder die regte planne vir droogte wat sal begin in 2014.

Tref eerder nou voorsorg voor jy bangkrot raak. Die doel is om die droogte te oorleef met kriatiewe denke. Wees prakties en vol moed. Raak ontslae van jou skuld en moenie nuwe skuld maak nie. Vat droogtehulp waar en wanneer jy kan kry.

Arbeid

In SA het ons nou maar die probleem dat die regering rassisties is en dus sal Boere maar swaar kry. Daar word verwag dat net 15 000 boere sal oorleef. Dit beteken dat 300 000 werkers ook afgedank gaan word. Dus so 50%.

Die goeie nuus is dat vir hierdie streek word goeie groei en ontwikkeling voorsien vir die wat die droogte gaan oorleef. Om te oorleef sal Boere en die sakegemeenskap egter baie werkers noodgedwonge moet afdank. Dit beteken terselfdertyd dat baie beter planne gemaak moet word om die werkers deur alternatiewe te vervang.

Ons kan baie leer by Australia en die VSA. Daardie mense is gewoond daaraan om produktief te wees met baie minder werkers. Dieselfde sal nou ook hier moet gebeur anders sal jy nie kan kompeteer en dus nie kan oorleef nie.

Belasting aan munisipaliteite.

Dit is die grootste probleem vir die streek. Hoe meer jy betaal hoe slegter die dienste. Waar gaan die geld heen? As die mense en sake se inkomste daal terwyl die munisipaliteite net meer wil ver-orber gaan daar botsings ontstaan wat nie hanteerbaar sal wees nie.

Wat gaan met jou munisipaliteit gebeur?

Gee jou kommentaar oor hoe om landbou en sake te laat oorleef in die droogte tyd. Sluit aan by die SAAI Stigting e beplan jou toekoms saam met ons. //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.