Kroonstad area

Hier kan ons praat van Kroonstad tot by Bultfontein en Bothaville. Sekerlik bekend as die mielie wereld van Suider Afrika.

Kroonstad Area – Droogte.

Die vraag is of die laaste goeie mielie-oes gemaak is vir die volgende 5 jaar plus. Dit is moeilik om presies die datums te bepaal vir die laaste goeie reen en wanneer die goeie reens weer gaan begin. Ons verwag egter droogte vanaf 2014.

Kroonstad droogte

Ek herhaal uit vorige artikels. As ek verkeerd is en dit reen goed gaan jy net meer geld maak. As ek egter reg is en jy maak nie reg vir die droogte nie, moet jy die volgende bordjie maak. “Plaas te koop.”

Dan is droogte in die Kroonstad area ook nie net vir een jaar nie maar vir jaar op jaar met onder normale reenval. Een man kla dat hy 3 ton/60 Ha gestroop het terwyl sommige op hul beste 11 ton/Ha gekry het.

Hoe ook al is die vraag wat om te doen. Plant net die lande wat die beste vog behou, kultivars vir droogte en bewerking om vog in die grond te kry en te behou. Plant dieper met minder kunsmis. Dit is maar die normale items wat almal doen.

Ons moet egter ook kyk hoe om kostes te besnoei. Geen bewerking, minder kunsmis deur wisselbou met stikstof gewasse soos soja moet meer aandag geniet.

Arbeid

Sny arbeid. Dit bly een van die kern punte en Boere in SA is geneig om bang te wees hy kry die werkers weer nodig. Maak ander planne soos in Australia en die VSA. Ons weet almal het werkers nodig maar daar is ook agri vennote en meer meganisasie.

Meganisasie is soos groter trekkers wat vinniger kan werk en goeie fasiliteite sodat jy nie hande arbeid nodig het nie. Net drywers van trekkers en stropers.

Passop vir huis werkers of bediendes.

Ons sien dit oor en oor en oor dat werkers inligting aan kriminele voorsien. As iemand beroof of vermoor word is of sy eie werkers of sy bure se werkers betrokke. Dit is of mense nie wil glo dat die ousie wat so onskuldig vir jare en jare was kan verander nie. Tog gebeur dit weens verskillende redes en word net meer mense beroof en vermoor.

Geldsake en belasting.

Hier is goeie beplanning nodig. Los tog daai nuwe stroper en dink 10 keer voor jy skuld maak. Betaal eerder jou skuld sodat jy nie bangkrot kan raak nie. As jy belasting moet betaal hou in gedagte dat jy dalk vir 5 jaar en langer nie gaan wins maak nie.

Betaal eerder jou kunsmis en saad vooruit sodat jy kan spaar op die volgende jaar se uitgawe. Berg diesel op want dit sal eerder duurder raak as goedkoper. Trek dit van jou belasting af sodat jy op elke gebied kan spaar en kostes sny.

Moenie bakkies koop maar krap eerder kop oor hoe jy die droogte gaan oorleef.

Sny jou vee.

Jy weet nou dat jy minder kos gaan produseer. Dus moet jy jou vee sny voordat pryse in duie stort. Al die bejaarde koeie moet eerste verkoop word en moenie te lank wag vir daardie droom pryse nie.

Neem in ag dat die hele land nie droogte gaan kry nie en dus gaan net die streek met die probleem wees. Dit kan egter nogsteeds ‘n oor aanbod van graad C koeie veroorsaak wat pryse kwaai kan afdruk.

Opsomming

Bid vir oplossings sodat jy die droogte kan oorleef want dit gaan nie help om vir reen te bid nie. Gebruik jou kennis vir droogte tye en moenie wag totdat jy nie meer geld het nie. Dan is dit te laat om te sny.

Lewer jou kommentaar oor wat nog gedoen kan word want ons wil Boere red en nie sien onder gaan nie. Sny werkers en help jou buurman. Probeer die beste maak van die droogte.

Sluit aan by die SAAI Stigting om ons mense te help. Dis gratis en ons het jou steun nodig; //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.