Koranna area of provinsie

Koranna

Waar is Koranna provinsie

Tweespruit, Hobhouse, Ladybrand, Clocolan, Marquard, Winburg, Exelsior en omgewing. Nog nie geproklameer maar ons sal dit nog doen.

Toerisme en wild.

Daar is privaat oorde maar die trust gebied word uitgesonder as wildtuin en sal so ontwikkel word. Die vierkantige berg is baie prominent en wel bekend in die omgewing en is deel van die Korannaberg.

Koranna

Hoe lyk Koranna se landbou?

Beste wereld vir wolskape. Wol verwerking moet egter meer aandag geniet. Waar dit bebos is, is daar altyd die Damara wat goed aard. Verder kan jy ook lees onder die Drakensberg provinsie of dan Betlehem area.

Kanola is in die Wes-kaap begin maar proewe in die gedeelte van die wereld wys op groot sukses. Dit word gebruik vir baal, groen weiding in die winter en kan ook ge-oes word vir olie en oliekoek.

Mielies en Koring aard meer na die noorde en soja kan ook bygevoeg word. Een groot dorp moet ontwikkel word want die mark is klein en dienste skraps. Dit gaan egter die streek se afhanklikheid van Bloemfontein drasties verminder. Dit gaan ook baie nuwe geleenthede skep.

Oor tien jaar gaan die ontwikkeling so vinnig vorder dat behuising nie sal bybly nie. Nogtans gaan inwoners verheug wees en gaan letterlik duisende daarheen stroom.

koranna

Hobhouse kry die goue jare!

Nou ja, slaan my met ‘n plank!!! Emily gaan uit haar graf spring van vreugde. Die vergete ou dorpie wat ons aan Emily se goue dade laat dink gaan die volk huisves in hulle goue jare.

Uitstekende ontwikkeling in gesondheid sorg vir ons mense tydens hul senior jare met uitstekende behuising in kompleks formaat. Sodoende kan daar bekostigbare behuising, voeding en mediese sorg wees.

As voorbeeld kan mense hul huise in Bloemfontein verkoop en vir hulle hier ‘n sonnige tuiste inrig. Alles beplan vir vreugde en goedkoper lewe as in die stede. Geen verkeer wat op jou senuwee’s sal werk nie. Ook is die dokter om die draai vir nood en die kliniek spesialiseer in die skete wat pla.

By Tweespruit word ‘n hospitaal beplan wat Universitas sal laat skaam kry.  Sommer ‘n hane tree van Hobhouse.

Sluit aan by die SAAI Stigting en hou jou op hoogte. //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.