Koepel area

Gaan ons nou hoenders invoer of uitvoer. Jaaa, vir die voorstel dat alle ingevoerde produkte moet so gemerk word en afsonderlik in ketting winkels se rakke geplaas word. So kan jy mos kies en word die gemors nie in jou keel af geforseer deur mense wat net wil geld maak uit invoere. Ek as verbruiker het mos die reg om te weet wat ek eet of hoe?

Glo my oor tien jaar sal produkte wat ons self kan produseer nie meer ingevoer word nie. Ongelukkig gaan dit net geld vir die ontwikkeling streek. Ons moet meer uitvoer en planne moet gemaak word om dit te doen. Die huidige regering gaan jou nie help nie. Na die 2014 verkiesing verwag ons ook dat die regering vir alle praktiese doeleindes bangkrot gaan raak.

Die Land voer reeds so 10 tot 20 miljard rand meer per maand in as uit. Die begroting is reeds so 200 miljard in die rooi per jaar. Dink jy dit gaan verbeter in die volgende tien jaar?

Wel as jy wil droom, droom eerder oor die ongekende voorspoed wat ‘n vername man soos Siener van Rensburg voorspel het. Gaan lees meet oor wat die SAAI Stigting saamgestel het oor Siener se wonderlike vermoe om namens God te kon voorspel.

Gaan kyk oor wat en hoe organisasies soos Boere vereenignings moet doen. Ondersteun hulle en maak jou voorstelle. Bring hulle na die webwerf en maak hulle wys. In 2024 gaan die ongekende voorspoed begin, maar jy moet eers die droogte oorleef. Moenie slaap nie, begin nou.

Droogte

Ja, jy moet jou vee snoei en weiding bekom en bespaar. Maak kos bymekaar so vinnig waar moontlik. Plant soos vir droogte onder Grondvog beskryf. Hoe ookal trek daai belt styf vas voor jy bangkrot is.

Ons verwag die droogte gaan duur vir 5 jaar en langer. Is jy gereed daarvoor?

Inkomste uit ander bronne.

Jy moet lekker wakker wees en kyk waar en hoe kan jy geld verdien buite die landbou. Dit is goed om ‘n belegging in die landbou te doen met die oog op die ongekende voorspoed. Dit is nog ‘n rukkie maar plase kan in die volgende 5 jaar goedkoop gekoop word.

Daar gaan skeiding voorkom tussen Gauteng en die ontwikkeling streek. Jy kan dus solank beplan om jou besigheid en produkte sodanig te ontwikkel as of produkte uit Gauteng oor tien jaar nie meer beskikbaar sal wees nie. Dit is veral landbou produkte soos vleis, melk, hoenders, graan, meel, groente en soortgelyke produkte.

Wildbedryf

Die Koepel area is puik vir die ontwikkeling in die wildbedryf. Daar is egter swak beplanning wat die saak sleg in die wiele ry. So dikwels trek privaat eienaars weg met ‘n spoed net om later weer bangkrot te raak.

Die ander weer boer met wild maar sy belangstellings is eerder by ander sake bedrywe as by die wild. Nogtans kan die wildboerdery in die streek baie ontwikkel word.

In privaat besit is vier keer meer wild as in die openbare wild reservate. Die winsgewendheid is 2,6 keer meer as met vee. Die kern is egter om met die regte spesies te boer. Dit is hier waar onkunde die grootste oorsaak is van verkeerde beplanning. Met die regte spesies kan jy R220 per hektaar verdien teenoor vee se R80 per hektaar per jaar.

Die ander sake van belang is veediefstal en wilddiewe. Jy moenie dink dat die een noodwendig beter hanteer word as die ander nie. Met die SAPD soos tans is daar geen hoop vir die toekoms nie. Totaal onbevoeg en Boere is op hul eie aangewese.

Samewerking tussen die Boere geskied net as die Boer weet hy is die volgende slagoffer. Totdat die sake nie tenvolle en met almal se samewerking opgelos word nie sal die vee en wild bedryf egter net ‘n droom bly.

Die toekoms planne

Begin jou planne nou agtermekaar kry en hou die blad gereeld dop vir opgraderings. Jy is ook welkom om jou planne of kommentaar met ons te deel.

Die SAAI stigting beplan saam met die Blanke gemeenskap vir ekonomiese ontwikkeling in die ontwikkeling streek. Sluit nou aan en word deel. Dit is gratis hier: https://affiliatebank.net/afr

Laastens word ‘n nuwe stad in die Koepel area of streek beplan. Gaan koekeloer hier: https://stigting.com Jy moet dit net vir niemand vertel nie. Sjuuuut! Wat jy wel kan vertel is dat jou vriende en familie die SAAI Stigting moet steun deur aan te sluit. Dis jou toekoms.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.