Grondvog

Weiding

Ons kyk nou na grondvog veral tydens droogte toestande. Die belangrikste is om nie te oorbewei nie. Maar hoe gemaak as die gras min raak en die winter is nog voor.

Behalwe om jou vee vroegtydig in te kort is dit noodsaaklik om ‘n lek soos “wonderlek” te gee. Dit sal jou diere voed en jou veld bespaar. Dan is dit ook krities om jou veld langer as 100 mm te behou. In die somer maande moet die veld bo 200mm gehou word sodat die grond in die koelte van die gras gehou word.

grondvog - weiding

Die verdamping van die grondvog is tot drie keer meer as die grond nie in die koelte van die gras is nie. Die grond se temperatuur styg in die warm son en veroorsaak dat jou grond vinniger verdor.

As dit effens reen en daar is geen gras polle sal die reenwater vinnig wegspoel in die spruite en dan het jy nog minder grondvog en nog minder gras. Gras rem die water en veroorsaak dat die reenwater meer in die grond intrek.

Dus meer weiding gee nog meer weiding. Bemesting kan ook oorweeg word aan die begin van die reenseisoen. Kyk ook na Kanola en plant meer vir voer in die winter maande.

Vog in Grond – Lande.

Ploeg behou meer grondvog as dit reen maar ongelukkig verdamp die grondvog ook meer wanneer dit min reen. Die geleerders waarsku dat tot 70% vog weens verdamping plaasvind. Die suiwer van geploegde grond is ook meer veral as daar diep ge-rip word (650 mm). As jy ‘n watertafel het sal dit in droogte tye eerder help om vog te behou as wat dit sal bydra tot versuiping.

In die geval van geen bewerking het jy weer ‘n probleem dat die water eenvoudig weg spoel in die spruite in.  Aldus proewe in lae reenval gebiede of seisoene het bewys dat deklaagbewerking die beste opbrengste lewer.

 Betlehem droogte

Deklaagbewerking.

1. Voorbereiding

Ons kan begin by rip of diep tand bewerking (450 mm). Ongeveer 3 maande voor planttyd. Die uitsluitlike doel hier is om die reen wat wel val in die grond te laat intrek en nie na die spruite te laat hardloop nie.

Die enigste vraag is of jy ‘n tweede keer moet rip net voor jy plant. Dit sal egter bepaal word hoe vinnig die grond verdig nadat dit gereen het. Die ander doel van rip is om die grond los te maak sodat die wortels van die plant vinnig in die losgrond en vog kan groei. Hier is dit noodsaaklik om in dieselfde ry te plant as waar ge-rip is.

Die slim manne gee die volgende diepte bewerking volgens gronde in die rye:

Minder as 15% klei. Bruin en vaal, ligte sandgrond; bewerk 250 mm tot 400 mm diep.

Tussen 15% en 20% klei. Rooi, bruin en vaal sandgronde; bewerking 200 mm tot 300 mm diep.

Tussen 20% en 30% klei. Rooi, bruin en vaal leemgronde; bewerking 150 mm tot 250 mm diep. (moenie kluite maak nie.)

Tussen 30% en 45% klei. Swaar, rooi kleigronde; bewerking 150 mm tot 250 mm diep.

Meer as 45% klei. Kleigronde; bewerking 100 mm tot 200 mm diep.

2. Plant

Poog om dieper te plant tydens droogte as normaal. Die bo-laag beskik normaalweg oor genoeg hitte vir ontkieming maar tydens droogte is dit nog warmer terwyl die vog te min is. Dieper plant veroorsaak dat daar meer vog is en voldoende hitte. (Kanola moet vlak geplant word)

Kunsmis word verminder om kostes te bespaar en word 150 tot 200 mm skuins onder die saad geplaas. Normaalweg so 70 mm skuis onder die saad. Top bemesting kan toegedien word as die reenval dit toelaat.

Minder ploeg koste en minder kunsmis kan veroorsaak dat daar minder verliese en dus meer wins is.

3. Vog bewaring

Nadat die plant opgekom het is dit wenslik dat die grond in die koelte van die plant staan. Dit kan verbeter word deur die rigting van die land asook die stand. Vinnige groei in die somer maande kan help maar tydens droogte kan die son net te erg wees. Die tiepe grond se dreinering kan vinnig wees wat die grondvog vinnig sal laat daal. Plat lande sal dus ook beter wees.

Plant net jou beste lande is dus jou eerste keuse. Daarna kan gekyk word oor hoe die grondvog effektief benut kan word. Wintermaande benodig minder vog omdat die verdamping minder is.

4. Onkruid en deklaag

Onkruid kan bespuit word en ‘n spuit agter op die bakkie kan minder vertrapping gee in rye wat na aanmekaar is. Die aanbeveling is egter deklaag bewerking.

Die deklaag kan met plat skoffels bewerk word. Die idee hier is om die onkruid se wortels net onder die grond af te sny terwyl die grond net op en af beweeg. Die grond word dus nie soos met ‘n swaelstert oop gegooi nie. Die grond word dus ook los gemaak sodat die reen kan intrek en nie weg spoel nie.

Omdat die grond nie om en oop gegooi word nie behou jy die grondvog. Bewerk volgens grondverdigting en die onkruid se groei.

5. Deklaag

Verkry die idiale deklaag met organiese metodes. Enkele voorbeelde is om hoendermis te komposteer en in die deklaag in te werk. Die basis van komposteer is om die mis van eier hoenders in ‘n hoop vas te trap. Sodra die mis se binne en buite  temperatuur dieselfde is, is dit reg. Kalk kan ook tydens die proses of daarna op die land bygevoeg word.

Oesreste behoort ook in die grond se deklaag verwerk te word. Dit bring meer erdwurms en ‘n losser deklaag tot gevolg wat meer grondvog behou. Die verdamping is ook minder omrede oesreste en mis se geleiding minder is. Die geleiding veroorsaak dat die boonste laag warm is maar vinnig verlaag namate jy dieper in die grond beweeg.

‘n Goeie deklaag absorbeer meer grondvog, verlaag verdamping, beskerm die plant se wortels teen verhoogde temperature en gee beter voeding aan jou plant.

6. Wisselbou

Verskillende plante kan benut word om meer stikstof in die grond te kry. Wisselbou met verskillende gewasse gee verskillende voordele om die grond meer effektief te benut en gee bykans geen nadele. Kyk veral na Kanola wat beter droogte bestand is en Soja vir meer stikstof in die grond.

Kanola was nie net in geldwaarde winsgewend nie, maar het ook lande se grondgehalte merkbaar verbeter en mielie- en koringoeste in opvolg aanplantings is opgestoot. Mielies was direk ná die kanola geplant, en die mielie-oes was siektevry. Dié mielies het ook langer groen gebly, en die opbrengs was hoër as met vorige mielie-aanplantings wat ná ’n koring-oes gevolg het.
Nóg ’n voordeel van die kanola was dat die groeityd vinniger as met koring is. Terwyl daar gewoonlik eers vanaf 10 Desember koring gestroop word, kon kanola al begin November gestroop word. Die ander voordeel is dat kanola eers voor die winter bewei kan word en daarna nog gestroop kan word. (Pasop vir vinke en bestuur teen blousuur.) Kyk ook na die Kanola artikel

Praat met jou saad maatskappy en beplan vroegtydig vir die droogte tye.

grondvog soja

7. Verskeidenheid gewasse

Dikwels het Boere reeds hul sukses resepte maar in droogte tye kan jy maklik die pot mis sit. Dit is dus ook raadsaam om verskeidenheid gewasse en kultivars te benut.

Jy kan dus sekere lande probeer met ‘n vinnige groei en ander weer stadig. Jy kan sommige vir die somer en ander vir die winter plant. Jy kan meer gewasse soos soja, sonneblom, sorghum, koring en mielies op verskeie lande en tye plant.

Hoe dit ookal sy. Ek hoop jy het ‘n paar idee’s gekry om jou risiko te versprei. ‘n Boer maak ‘n plan, ‘n kleurling het ‘n plan en die swartes steel die plan.

Mag jy die droogte oorleef. Jou kommentaar oor nog planne is welkom.

Sterkte.

 

Sluit aan by die SAAI Stigting; //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.