Erge droogte planne 2018

Erge droogte planne 2018

Erge droogte is sekerlik elke Boer se slegste toestand waarin hy hom kan bevind. Ons voorsien wel dat daar reen met tye sal wees maar te min. Ons moet nou voorsiening maak vir die pad vorentoe want ons kan stry oor die tye. Maar droogte gaan jy kry.

Dir eerste stap is natuurlik om te beplan wat doen jy as die erge droogte jou tref. Ons het reeds gewaarsky onder “Die voospelde droogte” dat dit oppad is en hoe ons moet beplan. Nou moet mens nie so negatief wees om te beweer dat jy niks kan doen nie. Ook nie dat alles nie kan werk nie.

Ons het reeds in verskeie erge droogte toestande gesien dat daar Boere is wat die droogtes oorleef. Op hierdie webwerf kyk ons wat gedoen moet word. Ons deel ook kennis en so kry jy meer idees oor wat om te doen.

Met die eerste waarskuwing het ons, ons lede gemaan om hulle vee en wild te verminder. Vroegtydig sodat jy geld het wanneer die erge droogte jou tref. Ons het nou reeds gesien dat veral maer diere geen prys bekom nie.

Ons gaan nou verder om te sien hoe mense die erge droogte kan oorleef.

 

Erge droogte – hoe om te oorleef

in jou beplanning is dit van uiterste belang om die winter maande beter te benut. Ons verwag meer reen in die winter en dus minder in die somer. Hier verwys ons natuurlik ook na die sentrale dele van die land.

Die winter is koeler en gevolglik benodig jy minder vog. Dit is dus raadsaam eerstens vir enige plantings om verkieslik winter produksie te plant om so beter te vaar. Dit mag byvoorbeeld beter wees om vir jou diere Japenese radyse in die Laat Februarie – begin Maart te plant as vir groenvoer of vir baal in die somer.

Dan is bome/struike baie meer droogte bestand as aanplantings soos gras. Graan is ook beter as Winter gewas veral as jy jou risiko wil versprei deur die jaar.

Jy plant net jou beste lande as jy nie weet hoeveel, wanneer, waar gaan reen nie. Jy plant net droogte bestande gewasse.

Raak ontslae van al jou onnodige arbeid

en sny jou uitgawes tot onder die broodlyn.

Jy sien daar is baie om in ag te neem. Dan sal ek onderaan die adres gee waar jy kan aansluit by ons groenvoer program om diere te laat produseer, maar ook hoe om net jou kern kudde te laat oorleef tydens ‘n erge droogte soos wat ons nou beleef.

Een ding wat jy nie moet doen is om op moed verlore se vlakte te gaan sit. Sonder geld en sonder hoop. Lees bietjie hierdie man se verhaal wat hy op facebook geskryf het:

erge droogte

 

Meneer X

“Hier is mnr. X se volledige inskrywing soos dit op Facebook verskyn het:

Dit is net ná 04:30. Die son begin stadig met die nag redekawel om sy plek vir die dag in te neem. Dit is doodstil buite, die voëltjies is lankal weg. Iewers vêr hoor ek n hoenderhaan wat maar hees die nuwe dag aankondig. Natgesweet lê ek en rondrol in die bed, ek moet opstaan dink ek, maar ek het nie die krag om hierdie dag te groet nie. Miskien eers gou bid, Here . . . maar daar vorm geen woorde in my kop

Skielik word die matras kliphard en die laken brand my uitgeteerde vel. Ek staan traag op, was my gesig en kyk in die spieël. Voor my is n vreemdeling wat na my staar, vraend.

Ek het drie weke laas geskeer, die grys het nou ook oorgeneem en ek sit my hoed op en stap na die kombuis, sit die koffieketel op die gasstoof.

Ek skrik hier waar ek oor die onderdeur van die agterdeur tuur in die vlaktes in, toe die ketel aankondig dat die water reg is om die koffie te ontmoet. Sal maar vanoggend swart drink. Die bottel melk is klaar en Blommetjie, ja ou Blommetjie, sy het laasweek al moed opgegee.

Ek sit maar stadig en teug toe Annetjie inkom en vir haar koffie ingooi. Die Here sal sorg, my man, ons moet net moed hou.

My koffie het bitter geword, en die trane loop oor my vrou se wang as ek die agterdeur oopstoot. Die reuk van dood kom lê vlak hier in die vleuels van my neus.

My spoed is min

Ek gaan maar die verlepte groente tuintjie natlei, die reën tenk is laasjaar al leeg. Miskien kan ons vandag n snyseltjie bone in die sop gooi, dink ek toe die water skarrel om plek te soek om in hierdie droë, dorre aarde in te duik. Daar is n tamatie ryp, sal hom vir Annetjie gee, sy is so lief vir tamaties op n broodjie, maar met die depressie kom sy nie eintlik meer uit die huis nie.

Ek sal n brood koop as ek dorp toe gaan, ek moet weer (voer)pille gaan koop vir die diere, maar die diesel is min, het gister probeer om die laaste bietjie uit die ou trekker te tap. En ek wonder of ou Piet Handel vir my nog op die boek sal gee?

Vandag stap ek veld toe, onder die peperboom deur vat ek die stofpad al langs die kronkeldraad na die lang kamp. Tappit, die boerboel, draf so skeefskeef saam.

n Vaalmeerkat kom gooi sy stert hier vlak by hom. Tappit dink daaraan om hom te verwilder, maar besluit liewer daarteen. Dit gaan weer n dag van rekords wees. Die son brand warm op die sweet van my vel en ek kyk op, na niks, en trek my hoed dieper oor my oë.

Hoe nader ek aan die kameelboom kom waar ek voer gooi, hoe stadiger loop ek. Die beeste wag al.

By die boom staan hulle nader en ek sien die vrae in hul oë: Het jy weer vergeet om voer te bring?Dit is nou drie dae. Woorde vir my bees het ek nie meer nie, my liggaam begin ruk, en op my knieë skree ek: Here, hoe lank nog voordat U hierdie lyding wegneem?

En die trane raak deel van die sand”

erge droogte

Voorkom die uitmergeling

Jy sien dit is hierdie toestande wat ons poog om te voorkom. Maar is dit so maklik?

Natuurlik nie, veral as die finansies begin knou in plaas van die diere om aan iets te kou. As ons besef dat erge droogte ‘n opdraende pad is wat geklim moet word dan is dit tog raadsaam om koppe bymekaar te sit.

Let op: In ons groenvoer program verkoop ons niks. Ons deel net inligting. Om aan te sluit kos eenmalig R900 wat maar nietig klein is as jy al die ander kostes en skool geld in ag neem. Die geld gaan aan die stigting om verder te ontwikkel.

Neem ook in ag dat ons oneerbare minister van Landbou reeds kwyt geraak het dat hulle nie droogte hulp gaan gee nie en dat Boere moet leer om self reg te kom in sulke toestande. Duidelik wil hy nie besef dat as ons Boere bangkrot raak dit vir niemand tot voordeel sal wees nie. Wie gaan dan kos produseer? Die staat?

Besoek ons webwerf gereeld vir opdaterings. Gaan kyk gerus hier na ons groenvoer programme: Sluit aan by ons groenvoer programme