Die voorspelde droogte

Vanwaar die droogte voorspellings

In die SAAI Stigting se ondersoek na Siener van Rensburg is daar bloot een kern voorspelling. Dit is voor die ongekende voorspoed sal daar eers droogte wees. Die vraag is van wanneer tot wanneer?

Ons het reeds gesien dat die totale proses 10 jaar gaan duur. Alhoewel ons nie droogte vir die hele tyd kan bevestig nie is dit baie onduidelik van wanneer tot wanneer dit wel gaan wees. Ons verwag egter dat die droogte in die ontwikkeling streek vanaf die suide sal begin en wel vanaf 2019 vir vyf jaar en langer.

Die droogte gaan begin in die Weskaap en dan versprei na die sentrale deel van Suid Afrika. Ons het reeds gesien dat die droogte in die Weskaap reeds ernstige effek op die landbou en damme het.

Wanneer ons kan moet ons met slim planne reg maak vir die maer jare…

droogte

Ander se voorspellings

Ons vergelyk dit tans met ander se voorspellings en weerpatrone. Ons het reeds gesien dat die droogte in die suide begin het en noordwaarts verskuif .  Ons verwag dus dat dit bloot verder in die ontwikkeling streek sal in beweeg. Stadig.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Agri het die volgende mening “Een van die siklusse wat soms redelik sterk tot uitdrukking kom, is die sonvleksiklus waar die meeste van die droogtes in die tydperk van afnemende aktiwiteit voorgekom het. Ons is tans in so ‘n tydperk vir die volgende paar jaar.” Hoe lank die paar jaar is, is nie duidelik maar toon wel die bestaande begin van die droogte aan.

Uit die verslag van ABSA Agribesigheid, word gesê die land sal van die 2015/’16-boekjaar tot die 2025/’26-boekjaar ’n laereënvalsiklus ervaar.

Mnr. Ernst Janovsky, landbou-ekonoom, sê die verwagte droogtetoestande kan van omgewing tot omgewing verskil. “In die noordweste van die land gaan dit na verwagting droër wees, maar dié droër toestande in die noorde kan meer reënval in die suide beteken – veral in die Suid-Kaap wat ’n paar jaar laer as normale reënval aangeteken het,” aldus Janovsky.

Konserwatiewe droogte beplanning

Ons hou die saak dop maar ons beveel aan om konserwatief en effektief te boer vir droogte toestande in die ontwikkeling streek. Ek glo nie enige verstandige Boer gaan paniek hier in sien nie maar oorlewing.

In hierdie droogte tye en op hierdie webwerf wil ons dus ook poog om ons Boere van bangkrotskap te red met goeie beplanning en kennis. Dit is dus vir ons ook noodsaaklik om kennis te deel.

Ons sal sien hoe ons jaar na jaar vorder en volstaan daarby dat in 2024 sal die ontwikkeling streek ongekende voorspoed beleef op alle terreine.

Ons plant bome wat droogte bestand is en kweek groenvoer om net die kern teelkudde te laat oorleef. Kyk onder groenvoer of soek regs bo na groenvoer.

Jy moet ook jou arbeid sny tot op die been. Jy gaan bloot net nie meer die inkomste verdien om luukshede te bekostig nie. Om tuin te maak en jou hoop op besproeing te plaas sal net die verkeerde ding wees want riviere, spruite en boorgate droog op.

As jy bid moenie vra vir reen maar vir uitkoms. Dink aan Josef en sy sewe maer jare en sewe vet jare. God het uitkoms gegee maar nie soos die mense gevra het nie. God het ‘n doel met droogte en met die vet jare. Ons moet dus ons bepaal wat God se doel is en nie probeer skop om ons eie wil nie.

Opsomming:

Ons kan verwag dat die droogte in 2017 in die suide van die kaap sal versprei na die ontwikkeling streek. Dit begin dan en in die noorde, (Koepel area en Vaaldriehoek) eers vanaf 2024. Let op dat in 2017 was die reenval reeds laag in die suidelike gebiede maar ons kan dit nog nie as droogte klas soos in die Kaap nie. Daar was nog goeie oeste veral in die noordelike deel gemaak.

Die tydperk van die droogte mag dan tussen 5 en 10 jaar duur.

Daarna gaan droogte meer noordwaarts wees maar ons kyk net na die ontwikkeling streek. Beplan op ‘n wyse manier vir droogte en besoek die webwerf gereeld vir opdatering van ons planne om die droogte te oorleef.

Groetnis.

Lees meer oor die SAAI Stigting hier; https://stigting.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.