Bosluise

Voordele van Inheemse rasse teenoor uitheemse rasse.

1. Kleiner raam bied beter produksie en reproduksie en veld word beter omgesit in produksie

2. Die bloedplasma-stikstof ureum vlakke is beter en benodig dus minder aanvullings.

3. Die inheemse diere het beter weerstand teen bosluise en wurms en benodig dus minder gifstowwe of chemiese middels.

4. Weerstand teen bosluisoordraagbare siektes soos rooiwater, hartwater en anaplasmose is beter as daar met inheemse rasse geboer word..

5. Kalf/lam makliker en minder vrektes kom voor.

6. Koeie/ooie leef langer en produseer dus ook meer as uitheemse diere.

7. As mens die kilogram koeie neem en kyk hoeveel kilogram speengewig geproduseer word, het die inheemse rasse gewen. Al weeg die uitheemse rasse per kalf meer produseer die inheemse rasse meer kalwers. Dus meer geld per hektaar. Selfde met skaap.

8. Die parasiet sal waar daar te veel diere in ‘n gebied is die diere verminder deur die swakste diere te laat vrek.

Ek het opgelees uit ‘n artikel of die natuur alleen kan oorleef en gee die volgende skokkende resultate in ‘n opsomming;

1. Kan die natuur oorleef sonder die mens? Die antwoord was duidelik, JA. Dis die mens wat die probleme veroorsaak.

2. Die ergste is ingevoerde diere en siektes wat nie hier hoort nie.

3. Die Nasionale Kruger wildtuin was as voorbeeld gestel waar diere nie met gifstowwe behandel word nie. Tog is die diere in gesonde toestand en beter as in privaat sorg. Dit dui daarop dat kleiner parke diere benadeel en dus chemiese behandeling moet ontvang.

4. Verskeie diere in een kamp veroorsaak minder parasiete as wanneer jy byvoorbeeld net met beeste boer.

5. Daar is ‘n absorberende effek van wurms tussen verskillende tiepe diere en wanneer die miskruier sy werk doen vernietig dit die aanteel en verspreiding van wurms in die veld.

6. Die drade of kampe wat mense span verhoog die parasiete in daardie kamp. Wissel weiding kan help.

7.Inheemse parasiete beskerm dikwels hul omgewing teen vreemde spesies soos uitheemse diere tot hul gebied

Die parasiete beskerm dus ook die eko-sisteem in die gebied.

Bosluise of parasiete

Ons kan dus nou sien dat die parasiet ‘n belangrike rol in die natuur speel en deur natuurlike seleksie die swak diere uit die groep verwyder.

Ook kan ons sien dat as jy met meer diere in ‘n kamp wil boer jy die voeding moet verhoog. Die regte minerale en vitamiene sal maak dat die dier minder gras vreet en gesonder wees. So sal die weerstand verhoog en die parasiete verminder word. Dit is dus ook meer voordelig om met wild, skape en beeste saam te boer.

Kom ons vra, wat is die vyand van natuurlike weerstand teen parasiete en bosluise?

1. Gifstowwe

2. Te veel diere/hektaar.

3. Antibiotika

4. Te min wild tussen jou diere.

5. Kampe en hokke

Kom ons kyk na die hoender. In die natuur, geen probleem. Plaas die kuikens in ‘n skoon maar toe hok en die kuikens haal hul eie asem in. Hulle trap in hul eie smetterige mis en dan weer in hul kos en water. Dus wat uitgaan uit die kuiken neem die kuiken weer in. Hulle vrek nie dadelik maar eers na 3 tot 5 weke.

Die probleem is E. coli en bakteriese infeksie. Ons kan maar koksidiose en ander ook insluit. Neem kalwers en skape in ‘n hok-stelsel en hoe meer jy saam voeg hoe meer sal vrek.

Soms sal mense beweer dat hulle nie verstaan wat die fout is maar dit is nie in die dier se natuur om opgehok te wees nie. Alhoewel ons die diere met chemiese middels kan behandel vir die infeksies moet ons besef dat weerstand teen die middels deur die parasiet en bakterie sal voorkom. Hulle beskerm dus ook hulleself.

Natuurlike weerstand teen siektes:

Kom ons begin daar by die voortrekkers se afrikaner osse. Watter gif het die boere gebruik? Geen? Die diere was bestand teen parasiete en siektes in Afrika. Die boer van beeste saam met wild het weerstand verhoog. Dus hoe meer blootstelling hoe meer die weerstand. Selfs al sou daar nou ‘n uitheemse siekte die diere aanval sal die dier met die beste natuurlike weerstand oorleef.

So byvoorbeeld sal ‘n kalf binne die eerste 6 maande asiatiese rooiwater kan oorleef. Al was nog die kalf of nog die trop beeste ooit met rooiwater in aanraking. Die kalf se weerstand sal vinnig genoeg reageer.Selfs snotsiekte kan met weerstand oorwin word mits die kalf saam met die siekte groot word. Daarna sal die kalf ook makliker ander siektes oorkom.

Gevolgtrekking;

Moet nooit jou diere beskerm teen al wat parasiet is want dan kan die dier nooit weerstand opbou nie. Vermy gif sover moontlik en gee byvoeding in die vorm van lek om net die nodige minerale en vitamiene aan te vul omdat die dier nie meer na sy eie grondstowwe kan gaan soek nie. Boer met wild, skaap en beeste saam om weerstand op te bou. Moenie te veel van dieselfde diere aanhou wat die habbitat sal benadeel. Hou by inheemse diere en koop diere wat bestand is teen parasiete en parasiet oorgedraagde siektes soos veral anaplasmose en rooiwater. Beeste moet bestand wees teen droe galsiek en pasop vir bloednier by skape.

Gebruik aanvullende grondstowwe dan sal jou dier minder teer op beskikbare weiding om tekorte aan te vul. So kan weerstand verhoog word maar moenie wonderwerke oornag verwag nie. Dit neem tyd. Na so 3 jaar kan jy baie goeie weerstand kry en sal beeste baie gehard wees teen parasiete soos bosluise en baie siektes.

om aan te sluit by ons verskillende groepe in ons stigting gaan kier:

https://affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.