Boere en landbou Art.I

Na die oorlog

Tydens die oorlog weet ons dat die Engelse patetiese kos gegee het, maar wat het direk na die oorlog gebeur? Wat het die mense ge-eet? Ons weet die Engelse het alles verbrand. Die veld, die huise en nadat hulle alles gevat het wat hulle kon, het hulle die vee en diere uitgewis sodat die Boere nie meer kos kon kry nie.

Toe die mense uit die konsentrasie kampe en van die eilande as gevangenis terugkeer was daar absoluut niks. Op strepe is die mense na plase wat leeg was. Huise se mure en dakke was herstel met modder-sooie en gras. Maar wat het hulle ge-eet?

Die Engelse het kwota’s meel gegee en die Boere het dadelik met groente tuine begin. Water was skaars en pompe het nog nie bestaan nie. Uit fonteine was die groente nat gelei en met emmers nat gemaak. Opslag uit die ou bewerkte grond was ‘n powere begin.

Groente en vleis was verkoop aan die Engelse om geld te kry. Dit was soos die polisie, klerke en landdroste wat deur die Engelse betaal was. Die smouse met waens uit die Kaap kolonie wou kontant verkry vir die handel en nie kos nie. Die hoof items was koffie, sout en saad wat die Boere wou koop.

Die groente tuine het vinnig op die been gekom maar wild vir vleis was veral in die Vrystaat skaars. Die meeste was haas en tarentaal. Die kinders het gewerk vir kos en verder het hulle voeltjies gevang en gebraai. Tortelduif was die gesogste en elkeen wat kon wou ‘n melkkoei koop.

Dit was moer sleg.

Toe ek in standerd 5 was het beslaglegging op pa se salaris plaasgevind nadat die boerdery in trurat geloop het. In plaas van kos koop het die rakke skielik leeg gestaan. Net ‘n huis, krag en water. Die Here stuur my na ‘n Boer wat ‘n stewige half sak meel skenk en ouma maak koffie sonder die “kiekerie”.

Ouma beveel aan dat ek die moerkoffie oor die pap gooi dan is dit nie so droog nie. Pa staan op om te gaan werk en maak die opmerking; “Dis soos ek groot geword het.”

Ek begin eet maar dit was sekerlik sigtelik wat ek gedink het van die kos. Swart bitter koffie en mielie pap. Dit was moer sleg.

My gedagtes kon nie keer dat ek terug verlang na my melkkoei tussen Sub B en standerd een. Elke dag koei gemelk en trots met ‘n emmer melk huis toe gestap. By die skool het die meisies egter vir my laat eenkant sit want ek ‘stink na koei’. Nou eet ek die swart gemors. Hoe het die Boere reggekom sonder ‘n koei?

Later daag die welsyn op om te sorg en vryf dit vir my in dat ek mag net een item op die brood eet. Soos of marmite of botter, maar nie albei. Gelukkig was dit net vir skuins na 3 maande toe dit terugkeer na normaal.

Meganisasie.

Ja, wie ken nou nie die paraffien trekkers wat jy begin met petrol en dan oorskakel na paraffien. Die Farmall kon met die draai van die pulley gestart word en die voorwiele was normaal of smal wiel (row crop) wat teen mekaar was en skerp kon draai.

Farmall Landbou

Die Vaal Japie moet genoem word en toe begin die Diesel trekkers.

Landbou Vaal-Japie

 

Vandag kan ma ook stroper ry in ‘n “aircon” kajuit.

Landbou Stroper

Landbou vandag.

Nee, die Boere boer lankal nie meer vir kos op die tafel nie. Weinig het nog ‘n groente tuin en nog minder ‘n melkkoei. Nee, vandag is dit massa produksie vir geld en waar dit nie goed gaan nie, werk die Boere vir inkomste uit ander bronne.

‘n Totale ander benadering word gevolg. Van die Boere is prokureurs, advokate, dokters, pensioenarisse en maak tot mense se dakke reg vir geld. “Mechanic, Take aways” tot beskuit bak is sommige se planne vir geld. Ja die lewe het gedraai.

In sommige streke is tot so min as 10% van die Boere nog bona fide-Boere. Die woorde het bykans vergaan na die ‘94 verkiesing en vandag is sowat 85% Boere ouer as 50 jaar. Waar is die jong manne? Land uit of in stede?

Aldus Ramphele het Boere van 100 000 tot 36 000 gedaal. 50% van Zambia is van ons Boere en in Mosambiek is 800 SA Boere.

Meer as 1 miljoen van ons mense het reeds land uit gevlug terwyl sowat 28 000 Boere van die hand na die mond lewe. Ander weer het besighede in ander lande maar hulle bly nog hier.

Die vraag is vandag oor hoe gaan landbou oor tien jaar lyk. Waar en hoe gaan die Boere oorleef en hoe lyk die land se toekoms waar? Wat van arbeid in droogte tyd?

Afdankings, werkers, Hoe en hoekom?

In die Boere en Landbou gemeenskap word werkers afgedank weens te hoe lone. Suid Afrika het ‘n geskiedenis van maatskappye wat werkers afdank. Fabrieke maak toe en myne sluit skagte en tot 14 000 word deur een myn afgedank. Tans word die landbou deur die vakbond en regerings aliansie geteiken. Vyftigduisend werkers is besig om afgedank te word. Dit is stemtyd in 2014 en die politieke leiers kan nie wag om ‘n paar stemme te werf of is dit dalk verloor?

Die miljoene werklose mense word egter ge-ignoreer en is besig om die politiek te laat ontplof. Die president se lee beloftes van werk skep laat die meerderheid in frustrasie. Die eenkant beloftes die anderkant word duisende mense elke jaar afgedank. Die duisende wat hul werk verloor en werkgewers wat eerder in ander lande hul besigheid uitbrei laat chaos en wanhoop in Suid Afrika.

Lande soos Portugal, Georgia en Kanada raap veral die wit Boere op om hul sake daar te vestig. Boere en sakelui verkoop bestaande bates en verdeel hul belange sodat al hul eiers nie in een mandjie is nie. Die plaaslike markte word vervang met invoere en kan SA al hoe minder die betalings wanbalans bekostig. Dit beteken dat die Rand verder gaan daal en petrol en diesel pryse verder sal styg. Ook elektrisiteit gaan nog styg want die toerusting vir nuwe kragstasies word al hoe duurder om in te voer.

Afdankings in Landbou
Volgens statistiek SA vind 30 000 afdankings per jaar plaas in die Landbou en gaan vanjaar toeneem omdat lone nie meer bekostigbaar is nie. Dit laat die werkloses in wanhoop. Boere wat sukkel dank ook nie al die mense dadelik af nie maar begin om mense net 2 of 3 dae per week te laat werk.

Alternatiewe metodes word beplan en varal seisoen werkers bly in die slag. In plaas daarvan om nuwe werk te skep sien die Boere en landbou nie meer kans om hul kapitaal plaaslik te verkwis nie.

Dan sit die land met bestaande en opkomende swart Boere. As die kommersieele Boere nie kan oorleef kan enige persoon ‘n nuwe Boer net jammer kry. Dit is nie net afdankings wat pla nie. Duisende van die swart Boere lei honger en sit op grond wat hy onmoontlik kan benut. Die regering mors jaarliks meer en meer geld op planne terwyl die arme swart Boere vergaan van elende.

Swart Boere kan nie kompeteer met invoere en kan glad nie meer die lone bekostig nie. As die minister voorgee dat die mense vrystelling kan vra van die minimum lone besef sy nie dat werkers ‘n bepaalde verwagting het nie. Die verwagting laat nog wit nog swart mense vry dat vakbonde hulle sal teiken as oortreders van werker regte. Al gee die minister vrystelling het werkers en vakbonde nogsteeds die reg om enige werkgewer aan te kla by die CCMA.

Tony van Cosatu het klaar gedreig dat arm Boere wat nie die lone betaal se grond sal gevat word. Vir wie gaan hy die grond gee? Vir die ryk Boere of bangkrot Boere? Wie kan nog suksesvol in SA boer? Gaan die staat vir altyd ‘n opkomende Boer betaal om te boer of hoe gaan die landbou gered word?

Al wat in Suid Afrika groei is invoere en werkloosheid wat geen oplossing is nie. Die Boere en landbou gaan egter ontplof in die ontwikkeling streek. Lees gerus die volgende artikel hier ; https://landbou.stigting.co.za/boere-en-landbou-art-i/boere-en-landbou-art-ii/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.