Betlehem Area

Drakensberg provinsie – Betlehem, Ficksburg en omgewing. Ons gaan in die toekoms van die Tweespruit area verwys as die Koranna provinsie.

Hierdie streke kan ook verder noord insluit soos Winburg en Frankfort en alles tussen in. Van die dele het egter warmer winters.

Ons praat van droogte vir 5 jaar of langer en hoe om dit te oorleef. Dit gaan nie help jy bid vir reen nie maar probeer eerder bid vir planne en oplossings.

Betlehem droogte

Die koue winters moet nie gesien word as ‘n struikelblok nie maar as ‘n aanwins wat korrek benut moet word. Ander mense moet betaal vir koelkamers terwyl sekere gewasse die koue winters vereis.

Groente of vrugte

Dit was lank reeds in gebruik om pampoene deur die lengte en somer te plant en dan word van die pampoene tussen droe gras in ‘n skuur gestoor. Die pampoen en aartappels hou langer in die donker. Die laat aartappels word in die koue grond gelos vir die winter maande.

Slim Boere of hoe? Ek moet gou die een vertel. Een Boer plant boer-pampoen en toe die pragtige pampoen reg is vir die mark kry hy net een rand per pampoen. Hy het nooit weer pampoen geplant nie.

Dit is dus duidelik dat jy jou mark tendense moet ken en seker maak dat jy dit kan benut. Die ander doel is om dwarsdeur die jaar jou produk beskikbaar te stel.

Waarop ek afstuur is dat een van jou vertakkings in boerdery behoort groente of vrugte te wees. JAAAA maar ek het nie water nie!!!!!!! Luister fyn hierna.

Jy moet die regte plan kry met ‘n sukses resep. Hier is net nog ‘n voorbeeld. Hierdie was ‘n predikant wat in sy onbenutbare tyd groente gekweek het. Miskien was dit terwyl die Boere se kollekte soos “gedroogte rosyne” gelyk het.

Hy kweek groente in bakke vol klippe binne ‘n plastiek tonnel. Plant die plantjies in die klippe en benat dan die plante se wortels in die klippe deur water uit ‘n tenk te pomp. Die water loop dan weer terug na die tenk. Die water bevat al die nodige stowwe vir die plant om te groei. Die water word ook outomaties gewissel om die verskillende bakke so 3 keer per dag te benat. Snags word nie gepomp nie.

Die stelsel kan maklik met sonpompe gedoen word. Dan dink mens aan groot tonnels wat miljoene kos? Nee, dit was kleiner as ‘n dubbel garage. Wat my oog gevang het was komkommers. Dit groei so vinnig asof jy dit kan sien groei.

Jy pluk twee keer per dag en draai dit toe in dun plastiek om langer te hou. Verkoop tot 3 keer per week aan jou plaaslike mark.

Nuts Markte

Voorbeeld; Die blou en swart Bessie Boer. Hy het vir hom net bessies geplant en leef vandag daaruit. Dit is goed vir die gesondheid. Hy het ‘n net oor sy bessies gespan om sy plante en vrugte te beskerm van so 1 hektaar. Hy gebruik net 5000 liter water per dag vir al sy bessies en poog om solank as moontlik deur die jaar bessies te voorsien.

Iewers tussen die outydse boerderye en moderne boerderye het die pap op die grond geval. Een rede was invoere en die ander een te veel Boere wat op die stoep gesit het met te min kapitaal.

Vandag het ons die modernste toerusting en kan ons weg beweeg van die hande arbeid. Vandag het ons baie meer kultivars en tegnologie soos “geen bewerking” en organiese boerdery. Ons kan kompos maak en metaangas maak en dan nog met ‘n koeltrok ons produkte vervoer.

Waarvan ons wil weg beweeg is om alles Johannesburg toe te ry en dan weer terug na die plaaslike mark. Ons wil die plaaslike mark ook uitbrei en toegooi met ‘n groot variasie produkte. En dit in droogte tye? Ja, dit in droogte tye.

Her-ontdek jou mark en ontwikkel die plaaslike mark met vars produkte. Jy het reeds die voordeel dat jy op duur stedelike arbeid, vervoer en duur geboue kan bespaar. Gebruik verder toerusting om jou produk gereed vir gebruik te maak. Was jou aartappel en skil jou pampoen of wortels is enkele voorbeelde.

nat droogte

Arbeid vir droogte, “No Job”

Ek gaan nou nie skryf oor watter varieteite jy vir droogte moet plant want ek dink items soos dit asook om jou vee in te kort is algemene kennis. Jy moet egter beplan om kostes te besnoei. Eskom en arbeid is dikwels die eerste waar jy moet sny.

Maak eers ‘n bordjie “No Job” en gaan hang dit aan jou hek by die pad. Dit stuur verskillende boodskappe uit soos; geen geld om te mors, bring jou kant of jy is weg en moenie my tyd mors nie. Die winkel in die dorp moet ook ‘n bord maak en op sy deur plaas. Dit beteken bloot dat die gemeenskap die boodskap moet kry dat werk skaars is.

Winkels sal beslis ook moet sny en jy kan gerus ‘n artikel in jou plaaslike koerant plaas. Die gemeenskap wat ek hierna verwys is afhanklik van Boere en as hulle nie sny nie gaan hulle bloot bangkrot raak. So eerstens sny daai kostes en klaar.

Almal moet ‘n bord opsit om die plan bekend te maak en saam te spaar. Die doel is tog om die droogte te oorleef. Dan moet almal die vars produkte mark ondersteun om ‘n sukses van die droogte te maak

Laastens moet jy gebruik maak van agri vennote om jou met arbeid te help. Kyk op die bladsye hier bo.

Jou kommentaar of mening om die droogte te oorleef is welkom!

Kyk ook onder dieselfde Betlehem Area hierbo vir die opvolg artikel.

Sluit hier aan by die SAAI Stigting, dit is gratis //affiliatebank.net/afr

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.