Agri Vennote

Agri vennote

Wat is Agri vennote?

Dit is enige persoon waarmee die grondeienaar ‘n landbou vennootskap mee sluit. In Boere taal is die Agri vennote enige persoon waarmee jy ‘n ooreenkoms sluit om gedeeltelik mee saam te boer.

agri vennote

Wat is ‘n kontrakteur en wat is die verskil?

Kontrakteurs gaan jy ook ‘n ooreenkoms aan om ‘n taak te verrig maar dit word nooit ‘n vennoot. Sodra die kontrakteur sy taak voltooi het, verlaat hy die eiendom. Voorbeeld; Die kontrakteur bou vir jou ‘n huis en installeer wildheining om jou plaas volgens ‘n kontrak. Daarna is die kontrakteur nie meer deel van die boerdery nie.

Hoekom Agri vennote en nie werkers nie?

Jy mag nogsteeds werkers indiens neem maar die wette maak dat jy nie meer effektief met werkers alleen kan boer nie. Byvoorbeeld; Jy kan vir die vennoot ‘n huis gee maar na die vennootskap eindig moet hy die eiendom verlaat. As jy egter ‘n werker probeer uit dwing sal jy teen wette vasloop wat dit onmoontlik maak.

Ook maak wette soos die minimum lone dit baie duur om werkers produktief te benut. As jy werkers wil afdank loop jy jou vas teen die wette en word jy gedagvaar voor die CCMA as die rassis of onregverdige krimineel.

As die veldbrande woed gaan sit die werker want dit is na-ure en ook nie deel van sy werk nie. Hy is dus nie ‘n brandweerman nie. Daarteenoor sal die vennoot die brand vir jou blus.

Inwonende werkers mag vriende en familie ontvang wat diefstal en jou moord mag beplan. Die Agri vennoot sal jou beskerm.

Die agri vennoot vervreem alle skelms en moordenaars want hulle gaan die vennoot ook benadeel. Die werkers gee nie om want hulle verloor gewoonlik niks nie. Jy mag ook niks van werkers eis nie.

Die belangrikste; Die Agri vennoot doen die werk en bevorder die besigheid. Die werker kyk wanneer die “baas” hom dophou en wag vir sy “pay”.

Wat is die verskil tussen die Agri vennote en ‘n huurder.

Die huurder doen alles op sy eie volgens ‘n kontrak wat normaalweg die reels uitspel. Die huurder voorsien normaalweg alles soos trekkers en toerusting of vee. Hy moet sy huur betaal en alle verliese is die huurder se probleem. Instandhouding van drade is ook sy probleem. Die eienaar het bloot inspeksie regte en mag die huurder aanspreek oor skade aan die eiendom.

Die agri vennoot gee net sy arbeid. Die vennootskap mag ook be-eindig word volgens die kontrak. Die vennoot verdien ‘n persentasie van die wins of inkomste of mag om ‘n gedeelte boer. Die gedeelte mag wees soos sy eie lande of vee.

Agri vennote se kontrakte.

Dit is raadsaam om dit deur ‘n prokureur op te stel wat goed kennis dra van die arbeids wetgewing sodat jy nie in ‘n slaggat trap nie. Daar moet opgelet word na die volgende wat met goeie beplanning gedoen moet word.

A) Die pligte van die vennoot.

B) Die betaling of verliese van toerusting, gereedskap en vee wat verlore raak of vrek.

C) Die betaling en aankoop prosedure van veral veemiddels, voere, toerusting en onderdele.

D) Die vervoer, diesel en privaat gebruik van voertuie.

E) Inkomste van die vennoot en hoe dit bepaal moet word. Die rekenmeester mag ook hier van hulp wees.

F) Hoe en deur wie die boekhouding moet geskied.

As behuising betrokke is moet die elektrisiteit, water en riool duidelik saam met die huur van die woning uitgespel word in ‘n afsonderlike kontrak.

Wat beteken die agri vennoot vir die Boer of grondeienaar.

Eerstens is dit ‘n paar hande wat die Boer kan benut. Dan kan die agri vennoot bydra deur die produkte te gaan aflewer of verkoop. Die agri vennoot kan tegnologie vinniger toepas en kan plaas veiligheid bevorder.

Normaalweg is die vennoot jonger en kan vinniger beweeg en werk.

Wat is die voordele vir die Agri vennoot.

Eerstens kry hy ‘n inkomste sonder dat hy enige kapitaal benodig. Die kennis en ervaring van die Boer is dadelik tot sy beskikking en hy kan dit benut om sy eie inkomste te verhoog. Hy het die geleentheid om meer te verdien as hy beter presteer.

Waar is die grootste problem.

Swak kontrakte of beplanning kan lei tot ongelukkigheid aan beide partye. ‘n Slegte of swak verhouding tussen die partye mag lei tot ontevredenheid en daarom moet die be-eindiging en inkomste van die begin af duidelik uitgespel wees.

Voorbeelde;

1. Die eienaar boer met beeste. Hy kry ‘n agri vennoot en gee hom 12 koeie wat sy eiendom word na 3 jaar. Intussen word die 12 gemerk en al die aanwas is die agri vennoot se inkomste. Die agri vennoot moet op sy beurt alle siektes dokter volgens die eienaar se metodes en met die eienaar se medisyne. Water punte instand hou en drade regmaak. Brande voorkom en blus. Hy moet ook die beeste uitskot en kalwers sorteer vir verkope.

Die Agri vennoot behoort dan R4800 per maand te verdien as gemiddeld. Die eienaar moet bloot dan kyk dat alles korrek uitgevoer word asook dat alle hulpmiddele voldoende is sodat die vennoot in staat is om die werk te doen. ” lae voorskot soos R1500 per maand mag gegee word mits die papier werk duidelik gedoen word.

2. Die eienaar Boer met beeste maar wil skape byvoeg. Hy koop 120 skape en een derde van die aanteel gaan vir die Agri vennoot. Soos in geval 1 hierbo, doen die vennoot al die werk soos uitgespel. Sy inkomste behoort R3300 per maand te wees.

3. Die eienaar benodig ‘n assistant met plant en oestyd. Hy gee vir die Agri vennoot 5Ha met water om met groente te boer. Die eienaar gee die toerusting en plant die eerste seisoen. Daarna moet die vennoot self die pomp, kunsmis en saad betaal. Die vennoot verkoop al die groente en vat al die groente se geld.

Opsomming.

Sekerlik kan daar baie planne gemaak word. Die kern is egter ‘n goeie kontrak en die vennoot moet reg gekies word met die regte persoonlikheid om die ding te maak werk. Jy kan ook met bure ooreenkomste aangaan.

Jy kan ook dit op dieselfde manier doen as tuindienste in die dorp. Dit is soos jy betaal om diere een keer per maand deur die kraal te sit. Of om vir jou 3 trekker drywers te voorsien wanneer nodig. Daarna werk hulle elders en is nie jou probleem totdat jy hulle weer nodig het.

Gaan maak planne soos ‘n regte Boer.

Groetnis

Lees meer oor wat die SAAI Stigting doen https://stigting.com

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.